Acornhoek
Voorkoms
Acornhoek | |
---|---|
Koördinate: 24°35′0″S 31°5′0″O / 24.58333°S 31.08333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Bosbokrand |
Oppervlak | |
• Totaal | 38,89 km2 (15,02 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 33 529 |
• Digtheid | 862/km2 (2 230/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.1% |
• Swart mense | 99.7% |
• Ander | 0.1% |
Taal (2011) | |
• Tsonga | 73.8% |
• Noord-Sotho | 16.9% |
• Sotho | 6.1% |
• Ander | 3.2% |
Poskode (strate) | 1360 |
Poskode (posbusse) | 1360 |
Skakelkode | 013 |
Webwerf | http://www.acornhoek.co.za/ |
Acornhoek is 'n dorp in 'n digbevolkte streek van noordelike Mpumalanga (aan die grens met Limpopo), Suid-Afrika. Die dorp is 29 km suidoos van Hoedspruit en 35 km noord van Bosbokrand, dit val insgelyk onder die Bosbokrand Plaaslike Munisipaliteit. Die naam is blykbaar 'n aanpassing van die Nederlandse "Eekhoornhoek".[2][3]
Distrik
[wysig | wysig bron]Subtropiese vrugte en groente word verbou terwyl bees- en wildboerdery ook in die omliggende areas belangrik is. Die dorp lê op 'n deurgangsroete na ondermeer die Timbavati-wildreservaat en Orpenhek van die Krugerwildtuin. Die dorp is geleë op 'n waterskeiding waar die bolope van die Klaserie-, Timbavati- en Sandriviere ontspring.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Acornhoek". Sensus 2011.
- ↑ Raper, Peter E. (1987). Dictionary of Southern African Place Names. Internet Archive. p. 51. Besoek op 28 Mei 2020.
- ↑ (af) Raper, Peter: Plekname van Suider-Afrika. Protea Boekhuis. Pretoria. 2020.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Acornhoek.