In Rome word Lucius Arruntius en Marcus Claudius Marcellus Aeserninus, deur die Senaat gekies as konsul van die Romeinse Ryk.
In Egipte, wat nou Augustus se persoonlike gebied is, misluk die oes en daar breek honger en 'n epidemie uit. Dit bedreig die bevoorrading van Rome.[1]
Koningin Amenirenas van Meroë trek opnuut op na die Romeinse fort in Qasr Ibrahim, maar Petronius het dit versterk.[2]
Die Koesjiete wil onderhandel en Petronius sê vir hulle om dit met Augustus self te doen. Hulle stuur gesante naar Samos waar Augustus bly.[2]
↑Brill's Companion to Statius, Brill's Companions in Classical Studies, William J. Dominik, Carole E. Newlands, Kyle Gervais, BRILL, 2015, ISBN 9004-28470-2, ISBN 978-9004-28470-8 bls. 260
↑ 2,02,1Between Two Worlds: The Frontier Region Between Ancient Nubia and Egypt, 3700 BC-AD 500. Deel 29 van Probleme der Ägyptologie / Probleme der Ägyptologie László Török, BRILL, 2009, ISBN 9004171975, ISBN 9789004171978