Haenertsburg
Haenertsburg Bjatladi | |
---|---|
Gehug | |
Kommersiële kompleks geleë in Rissikstraat, Haenertsburg | |
Koördinate: 23°56′30″S 29°56′20″O / 23.94167°S 29.93889°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Mopani |
Munisipaliteit | Groter Tzaneen |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,23 km2 (0,47 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 282 |
• Digtheid | 229/km2 (590/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 73.4% |
• Bruin mense | 0.7% |
• Swart mense | 25.9% |
Taal (2011) | |
• Engels | 52.3% |
• Afrikaans | 23.1% |
• Noord-Sotho | 16.7% |
• Tsonga | 2.8% |
• Ander | 5.0% |
Poskode (strate) | 0730 |
Poskode (posbusse) | 0730 |
Skakelkode | 015 |
Haenertsburg is 'n gehug in die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorpie is vernoem na Carl Ferdinand Haenert wat saam met sy broer goud in die heuwels hier ontdek het in 1886. Nadat die nuus versprei het was die dorp die hart van wat as die Woodbush-goudveld bekend gestaan het. Die vonds was egter binne twee jaar uitgeput.
Distrik
[wysig | wysig bron]Bosbouplantasies vir die houtnywerheid is die belangrikste nywerheid in die distrik. Oor 'n dosyn gastehuise is in die onmiddellike omgewing geleë. Die Wolkberg-Zoeloe (Alaena margaritacea), 'n bedreigde vlinder, benewens Methuen se dwerggeitjie, die blouswael en 630 inheemse plantspesies kom in die plaaslik beskermde misgordel-grasveld voor. Hierdie habitat is grootliks deur bosbou en uitheemse indringerplante uitgedun, en word in die Haenertsburg Common bewaar. Die Louis Changuion-wandelpad se beginpunt is in Rissikstraat, en bied die stapper 'n keuse tussen 'n kort en lang (10 km) roete, met addisionele kortpaaie. Die roete is in 1993 deur die historikus prof. Louis Changuion uitgelê, en word deur vrywilligers onderhou. Prof. Changuion het ook die Long Tom-monument langs die Internasionale Arboretum opgerig.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal 1967
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Haenertsburg". Sensus 2011.