Gaan na inhoud

Ursa Major II-dwergsterrestelsel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Ursa Major II-dwergsterrestelsel
Soort stelsel Dwergsterrestelsel
Sterrebeeld Groot Beer (Ursa Major)
Tipe dSph
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 08h 51m 30s
Deklinasie +63º 07' 48"
Skynmagnitude (m) 14,3
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 98 000
Skynbare grootte 32′
Besonderse kenmerke Melkwegsatelliet
Ander name UMa II
Lugkoördinate
08h 51m 30s, +63° 07′ 48″
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Ursa Major II-dwergsterrestelsel of UMa II is ’n sferoïdale satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Groot Beer (Ursa Major). Dit is in 2006 ontdek in data van die Sloan- Digitale Lugopname.[1] Dit is sowat 98 000 ligjare van die Son af en beweeg in die rigting van die Son teen ’n snelheid van sowat 116 km/s.[2]

Uma II is een van die Melkweg se kleinste en dofste satellietstelsels. Dit het ’n absolute magnitude van sowat −4, wat laer is as ’n tipiese bolvormige sterreswerm en selfs sommige sterre. Dit het egter ’n massa van 5 miljoen sonmassas. Die verhouding tussen ligsterkte en massa is sowat 2 000.[2] Dié raming kan egter verkeerd wees aangesien die stelsel ’n ietwat onreëlmatige vorm het en dalk in die proses van gety-verbrokkeling is.[1]

Die sterre in Uma II is meestal ouer as 10 miljard jaar,[1] en is arm aan metale.[3] Daar vind op die oomblik geen stervorming plaas nie.

Verwysings

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. 1,0 1,1 1,2 Zucker, D.B.; Belokurov, V.; Evans, N.W.; Kleyna, J.T.; Irwin, M.J.; Wilkinson, M.I.; Fellhauer, M.; Bramich, D.M.; Gilmore, G. (2006). "A Curious Milky Way Satellite in Ursa Major". The Astrophysical Journal. 650: L41. doi:10.1086/508628.
  2. 2,0 2,1 Simon, J.D.; Geha, M. (2007). "The Kinematics of the Ultra‐faint Milky Way Satellites: Solving the Missing Satellite Problem". The Astrophysical Journal. 670: 313. doi:10.1086/521816.
  3. Kirby, E.N.; Simon, J.D.; Geha, M.; Guhathakurta, P.; Frebel, A. (2008). "Uncovering Extremely Metal-Poor Stars in the Milky Way's Ultrafaint Dwarf Spheroidal Satellite Galaxies". The Astrophysical Journal. 685: L43. doi:10.1086/592432.