Omajjadiese Kalifaat
Voorkoms
Die Omajjadiese Kalifaat (Arabies: بنو أمية, Banoe Omajja) was die tweede van vier Islamitiese kalifate wat ná die dood van Mohammed gestig is. Dit is geregeer deur die Omajjadiese dinastie, wie se naam kom van Omajja ibn Abd Sjams, die oupagrootjie van die eerste Omajjadiese kalief. Hoewel die Omajjad-familie oorspronklik van die stad Mekka gekom het, was Damaskus die kalifaat se hoofstad. Dit was eindelik 8 miljoen km2 groot – een van die grootste ryke wat nog bestaan het.[1]. Nadat die Omajjade deur die Abbasidiese Kalifaat omvergewerp is, het hulle na Al-Andalus getrek waar hulle die Kalifaat van Córdoba gestig het.
Verwysings
- ↑ Blankinship, Khalid Yahya (1994), The End of the Jihad State, the Reign of Hisham Ibn 'Abd-al Malik and the collapse of the Umayyads, State University of New York Press, p. 37, ISBN 0791418278
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia