Gaan na inhoud

Pous Soter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur JAnDbot (besprekings | bydraes) op 07:00, 7 Desember 2008 (robot Bygevoeg: sco:Pape Soter)
Pous Soter

Soter was die twaalfde pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie

Pous Soter(us) is gebore in die dorp Fondi in Campanië, maar sy geboortedatum is onbekend. In 162 of 168 volg hy Pous Anicetus op en word in 170 of 177 na sy dood opgevolg deur Pous Eleuterus. Die naam ‘Soter’ beteken redder, verlosser of heiland.

Pontifikaat

Pous Soter staan bekend as die ‘pous van die liefdadigheid’. Hy het met die montaniste te kampe gehad tydens sy bewind. Hy het beslis dat ‘n huwelik slegs geldig is as dit deur ‘n priester ingeseën is. Hy sit Pous Anicetus se beleid voort met die jaarlikse viering van die Paasfees in Rome.

Verering

Pous Soter is gemartel tydens die christenvervolging onder Marcus Aurelius en word as heilige vereer, sy feesdag is op 22 April. Hy is begrawe in die Callixtus katakombe in Rome.

Webskakels

CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)

BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)

Verwysings

Nota

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.