Gaan na inhoud

Loper (skaak)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Rooiratel (besprekings | bydraes) op 19:26, 12 Junie 2023
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Loper in die standdaard Stauntonskaakstel

'n Loper (,) of biskop is 'n stuk in die bordspel skaak. Lopers behoort saam met ruiters tot die ligte stukke wat buiten pionne die swakste skaakstukke is. Elke speler begin die spel met twee lopers wat elkeen op 'n ander kleur blokkie (veld) begin en die hele spel lank daarop bly. Een loper begin tussen die koning se ruiter en die koning, die ander een tussen die dame se ruiter en die dame. In algebraïese notasie is die begin posisies vir Wit se lopers c1 en f1 en c8 en f8 vir Swart se lopers.

Naam en geskiedenis

[wysig | wysig bron]

In moderne skaak se voorganger, sjatrandj, is die loper se plek deur 'n swakker stuk, die alfil of olifant, ingeneem. Die kanoniese skaakstukke word vandag teruggespoor tot Howard Staunton en die Stauntonskaakstel. In die stel het die diep groef in die loper oorsponklik 'n olifant se tande gesimboliseer. Hierdie groef is verskillend deur verskillende kulture geïnterpreteer soos die spel in Europa aangekom het; in Frankryk is dit byvoorbeeld gesien as 'n nar se pet en dus word die loper in Frans fou (dwaas of gek) genoem. In Engeland het die ooreenkoms met 'n biskop (of ab) se myter gelei tot die benaming biskop (Engels: bishop). In sommige slawiese tale (b.v. Tsjeggies en Slowaaks) word die loper "střelec/strelec", genoem wat vertaal kan word as 'n "skutter", bedoelende 'n boogskutter, terwyl dit in ander tale steeds as 'n "olifant" bekend staan (b.v. Russies slon). In Afrikaans en meeste ander Germaanse tale is die term waarskynlik afkomstig van 'n stuk, die koerier (Duits: Kurier), wat in koerierskaak gebruik is. Die nuwe stuk het vir die eerste keer die lang skuiwe van die hedendaagse loper kon maak. Met die omskakeling van die Alfil na die loper aan die einde van die 15de eeu het die koerier waarskynlik 'n rol gespeel wat aanleiding gegee het tot die Duitse naam Läufer. Verder is daar in ook in ander middeleeuse skaakvariante soos Grande Acedrex met 'n loperfiguur geëksperimenteer.

Die loper se skuiwe

[wysig | wysig bron]
bd bd
bl bl
Aanvanklike plasing van die lopers.
xo
xo pd xo xw
xo xw xo xw
xo xo bl
bd xw xw xw
xo xw xo
xo pl xo
xo xo
Die swart loper kan na enige van die blokkies wat met 'n swart kol gemerk is beweeg. Die wit loper kan na enige blokkie beweeg wat deur 'n wit kol gemerk is of kan die swart pion buit

Daar is geen beperking op die afstand van die loper se skuiwe nie maar dit word beperk tot diagonale beweging. Lopers kan soos alle ander stukke behalwe die ruiter nie oor ander stukke spring nie. 'n Loper buit deur te skuif na die blokkie wat deur die teenstander se stuk beset word.

Die lopers kan onderskei word volgens die vleuel waar hulle in die aanvangsposisie aangetref word, i.e. die koningsloper en damesloper. As gevolg van die loper se diagonale beweging bly elke loper op die kleur waarop dit begin het en kan daar dan ook na lopers as ligte-blokkie of donker-blokkie lopers verwys word.