Gaan na inhoud

Guy Debord

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Guy Louis Debord (28 Desember 1931 - 30 November 1994) was 'n Franse Marxistiese teoretikus, filosoof, filmmaker, lid van die Letteriste Internationale, stigter van 'n letterist faksie, en stigterslid van die Situasioniste Internationale (SI). Hy was ook vir 'n kort tydperk 'n lid van Socialisme ou Barbarie.

Vroeë lewe

Guy Debord (ook bekend as "Debord Guy") is in 1931 in Parys gebore. Debord se pa, Martial, was 'n apteker wat weens siekte gesterf het toe Debord nog jonk was. Debord se ma, Paulette Rossi, het Guy gestuur om saam met sy ouma by haar familie-villa in Italië te bly. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Rossis die villa verlaat en van dorp tot dorp begin reis. As gevolg daarvan het Debord hoërskool in Cannes bygewoon, waar hy sy belangstelling in rolprent begin het. As 'n jong man het Debord die Franse oorlog in Algerië aktief teengestaan en het in Parys betoogings daarteen meegemaak. Debord het regte aan die Universiteit van Parys gestudeer, maar het sy universiteitsopleiding nie voltooi nie. Nadat hy sy studie by die Universiteit van Parys beëindig het, het hy sy loopbaan as skrywer begin.

Betrokkenheid by die Letteriste

Debord het by die Letteriste Internasionale aangesluit toe hy 19 was. Die Letteriste is diktatoriaal deur Isidore Isou gelei tot 'n wye ooreengekome weerstand dit beëindig het. Hierdie weerstand lei tot die ontstaan van verskeie faksies van die Letteriste, waarvan een deur Debord gelei is op Gil Wolman se onomwonde aanbeveling. In die 1960's het Debord die Situasioniste Internationale (IG) groep gelei, wat die Parys-opstand van 1968 beïnvloed het. Hy het hieraan deelgeneem en was deel van die besetting van die Sorbonne. Sommige beskou sy boek The Society of the Spectacle (1967) as 'n katalisator vir die opstand, hoewel miskien 'n meer onmiddellik betekenisvolle teks dié was van Mustapha Khayati, On the Poverty of Student Life, wat in November 1966 gepubliseer is.

Stigting van die Situasioniste Internationale

In 1957 het die die Letterist Internasionale , die International Movement for an Imaginist Bauhaus en die London Psychogeographic Association in Cosio d'Arroscia (Cuneo), Italië, vergader om die Situasionistiese Internasionale te stig. Debord was die voorste verteenwoordiger van die Letteriste-afvaardiging. Aanvanklik het die groep bestaan uit 'n aantal bekende kunstenaars soos Asper Jorn en Pinot Gallizio. In die vroeë dae van die SI was dit sterk gefokus op die formulering van kuns kritiek. Dit het later as 'n basis gedien vir die groep se latere betrokkenheid by politieke kritiek. Die SI was bekend vir 'n aantal aksies in die kunswêreld, wat in 1958 aksies by 'n internasionale kunskongres in België ingesluit is, wat 'n groot pamflet verspreiding en beduidende media dekking ingesluit het. Dit het uitloop op die arrestasie van verskeie SI ondersteuners en simpatiseerders wat verband gehou het met die aksies. Benewens hierdie optrede het die SI probeer om 'n konsep van sogenaamde industriële skilder te formuleer, of, met skilder wat voorberei is in massa met die doel om die oorspronklike waarde wat verband hou met die kuns van die tydperk, te ontbloot. In die loop van hierdie aksies was Debord baie betrokke by die beplanning en logistieke werk wat verband hou met die voorbereiding van hierdie ingrypings, asook die werk vir die SI wat verband hou met die teoretiese verdediging van die groep se optrede.

Politieke fase van die Situasioniste Internationale

In die vroeë 1960's het Debord begin om die SI te stuur na die einde van die groep se artistieke fase, wat uiteindelik lei tot lede soos Jorn, Gallizio, Troche en Constant se uitsetting, die grootste deel van die "artistieke" vleuel van die SI, teen 1965. Situasionistiese kritiek het wegbeweeg van suiwer kuns kritiek, as gevolg van Debord se bydraes, tot teoretiese kritiese fokus op die kapitalistiese samelewing volgens Marxistiese beginsels.

Met Debord se 1967-werk, The Society of the Spectacle, en uittreksels uit die groep se joernaal, International Situationist, het die Situasioniste hul teorie van die skouspel begin formuleer, wat die aard van die latere kapitalisme se historiese verval uiteensit. Volgens Debord definieer situasionaliste die skouspel as 'n samevoeging van sosiale verhoudings oorgedra deur die beeld van klasmag, en as 'n tydperk van kapitalistiese ontwikkeling waarin "almal wat al geleef het, in verteenwoordiging beweeg het". Met verwysing na hierdie teorie het Debord en die SI, 'n invloedryke rol gespeel in die opstande van Mei 1968 in Frankryk, met baie van die opstandiges wat gebruik maak van slagspreuke bekom van Situasioniste pamflette geskryf of geinspireer deur Debord.

Na die Situasioniste Internationale

In 1972 ontbind Debord die Situasioniste Internasionale nadat sy oorspronklike lede, waaronder Asger Jorn en Raoul Vaneigem, bedank of uitgeskop is. (Vaneigem het 'n skerp kritiek oor Debord en die Internasionale geskryf.) Debord het toe gefokus op filmvervaardiging met finansiële steun van die filmmaker en uitgewer, Gerard Lebovici tot Lebovici se geheimsinnige dood. Debord is verdink van Lebovici se moord. Ontsteld weens die beskuldigings en die dood van sy vriend, het Debord sy films en geskrifte uit produksie geneem tot ná sy dood. Hy het ooreengekom om sy films slegs na sy dood te laat vrygestel op versoek van die Amerikaanse navorser, Thomas Y. Levin. Debord se twee mees erkende films is Society of the Spectacle (1973) en In girum imus nocte et consumimur igni (fr) (1978).

Nadat hy die Situasionistiese Internasionale ontbind het, het Debord sy tyd besee aan lees, en af en toe skryf, in relatiewe isolasie in 'n huisie ib Champot met Alice Becker-Ho, sy tweede vrou. Hy het vootgegaan om te korrespondeer oor politieke en ander kwessies, veral met Lebovici en die Italiaanse situasionis Gianfranco Sanguinetti. Hy het gefokus op die lees van materiaal wat verband hou met oorlogstrategieë , byvoorbeeld Carl von Clausewitz en Sun Tzu, en hy het 'n oorlogspel met Alice Becker-Ho ontwerp.

Debord is twee keer getroud, eers vir Michèle Bernstein en toe met Alice Becker-Ho. Debord het verhoudings gehad met ander vroue, waaronder Michèle Mochot-Bréhat. Bernstein het 'n vae, fiktiewe, maar gedetailleerde weergawe van die oop verhouding van Mochot en haarself met Debord geskryf in haar roman All The King's Horses.

Dood

Net voor Debord se dood het hy 'n dokumentêr verfilm (maar nie toe uitgereik nie), Son art et son temps (Sy Kuns en sy Tye), 'n soort outobiografie wat op die sosiale kwessies in Parys in die 1990's gefokus het. Daar is voorgestel dat sy donker voorstelling van hierdie tydperk 'n soort van 'n selfmoordnota was. Beide Debord se depressie en alkoholgebruik het problematies geword, wat 'n vorm van polyneuritis veroorsaak het. Miskien om die lyding te beëindig, het Debord selfmoord gepleeg deur homself op 30 November 1994 te skiet. Dit was nie die eerste keer dat hy sy lewe probeer beëindig het nie.

Debord se selfmoord is so kontroversieel soos dit onduidelik is. Sommiges beweer dit was 'n revolusionêre daad wat verband hou met sy loopbaan. Vanweë sy betrokkenheid by die radikale Situasionistiese Internasionale (SI), sowel as sy hartseer oor "die samelewing as 'n skouspel" beskou as 'n cliché in sy latere lewe, dink baie dat Debord hopeloos gevoel het oor die samelewing wat hy probeer lig op werp het. Debord word beskou as die "slagoffer van die skouspel wat hy beveg het." Onder die baie kommentare oor Debord se ondergang, het een geleerde opgemerk: "Guy Debord het nie homself doodgemaak nie, hy is vermoor deur die gedagteloosheid en selfsugtigheid van sogenaamde geleerdes (hoofsaaklik nuwerwetse kritici wat sy briljante idees gekoloniseer het en sy radikale politiek verander het in 'n akademiese status simbool wat nie die papier werd is nie, waarop dit gedruk is nie ... "

Bron

  • Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia