Gaan na inhoud

Pous Agapetus I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur GhalyBot (besprekings | bydraes) op 21:35, 14 Januarie 2013 (r2.7.3) (Robot: verander tl:Agapito I na tl:Papa Agapito I)
Pous Agapetus I
Geboortenaam ???
Pontifikaat begin 13 Mei 535
Pontifikaat eindig 22 April 536
Voorganger Johannes II
Opvolger Silverius
Gebore ???
Rome, Italië
Sterf 22 April 536
Konstantinopel
Ander pouse genaamd Agapetus

Agapetus I was die 57ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Sy naam word ook gespel "Agapitus I".

Biografie

Pous Agapetus I is gebore in Rome die seun van 'n priester met die naam Gordanius. Sy vader is vermoor tydens die pontifikaat van Pous Simmachus. Op 13 Mei 535 volg hy Pous Johannes II op en regeer tot sy dood op 22 April 536. Hy word opgevolg deur Pous Silverius. Die naam ‘Agapetus’ beteken 'die geliefde' in ou Grieks.

Pontifikaat

In samewerking met Cassiodorus rig hy in Rome 'n biblioteek op vir die werke van kerklike skrywers. Hulle het ook Griekse boeke na Latyn vertaal.

Agapetus is deur die Gotiese koning Theodehad na Konstantinopel gestuur om keiser Justinianus I te oorreed om Italië nie aan te val nie. Hy het in Februarie 536 in Konstantinopel aangekom. Agapetus beskuldig Anthimus patriarg van Konstantinopel van monofisitisme. Met die hulp van die keiser van Bisantium word Anthimus vervang deur Mennas. Kort hierna word die pous siek en sterf na 'n pontifikaat van slegs 10 maande. Sy liggaam word in 'n loodkis na Rome gebring en hy word in die Sint Pieterskerk begrawe.

Verering

Pous Agapetus I word as heilige vereer. Sy feesdag is 22 April in die Ortodokse Kerk en op 20 September in die Rooms-Katolieke Kerk.

Verwysings

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels


Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.


Opvolging

Voorafgegaan deur
Johannes II
Pous (Pontifex Maximus)
535536
Opgevolg deur
Silverius