Verstrooide skyf

Die verstrooide skyf is ’n verafgeleë streek van die sonnestelsel waar min, ysige kleinplanete voorkom. Dit is een van die groepe trans-Neptunus-voorwerpe.

Eris, die grootste bekende voorwerp in die verstrooide skyf (middel), en sy maan, Disnomia (links van Eris).

Eienskappe

wysig

Die voorwerpe het wentelbaanafwykings (wat dui op hoe ver dit van sirkelvormig af is) van tot 0,8, inklinasies van tot 40° en perihelions (die naaste afstand aan die Son in sy baan) van meer as 30 AE (astronomiese eenhede). Hierdie ekstreme wentelbane word vermoedelik veroorsaak deur swaartekrag-"verstrooiing" deur die gasreuse, asook verdere versteurings deur die planeet Neptunus.

Die naaste afstand wat dié voorwerpe aan die Son kom, is sowat 30-35 AE, en hulle kan tot verder as 100 AE van die Son af beweeg. Dus is verstrooide voorwerpe van die verste en koudste liggame in die sonnestelsel.[1] Die naaste deel van die verstrooide skyf oorvleuel met ’n deel van die Kuiper-gordel.

Vanweë die onstabiele aard van die voorwerpe beskou wetenskaplikes die verstrooide skyf as die plek van oorsprong van die meeste periodieke, of kortstondige, komete in die sonnestelsel – met sentoure (ysliggame tussen Jupiter en Neptunus) as die oorgangsfase in ’n voorwerp se migrasie van die skyf na die binneste deel van sonnestelsel.[2] Eindelik stuur versteurings deur die groot planete sulke voorwerpe in die rigting van die Son en verander hulle in periodieke komete. Baie voorwerpe in die Oort-wolk het waarskynlik ook in die verstrooide skyf ontstaan.

Geskiedenis

wysig

Die eerste verstrooideskyfvoorwerp (VSV) wat as sulks erken is, is 1996 TL66,[3][4] wat in 1996 deur sterrekundiges op Hawaii geïdentifiseer is. Nog drie is in dieselfde opname in 1996 geïdentifiseer: 1999 CV118, 1999 CY118 en 1999 CF119.[5] Die eerste voorwerp wat ontdek is wat tans as ’n VSV geklassifiseer is, is 1995 TL8, wat in 1995 gevind is.[6] Teen 2011 was meer as 200 VSV'e al ontdek.[7]

Verwysings

wysig
  1. Maggie Masetti. (2007). Cosmic Distance Scales – The Solar System. Webtuiste van Nasa se High Energy Astrophysics Science Archive Research Center. Besoek op 2008 07-12.
  2. Horner, J.; Evans; Bailey (2004). "Simulations of the Population of Centaurs I: The Bulk Statistics". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 354 (3): 798. arXiv:astro-ph/0407400. doi:10.1111/j.1365-2966.2004.08240.x.
  3. Jane Luu, Brian G. Marsden, David Jewitt (5 Junie 1997). "A new dynamical class of object in the outer Solar System" (PDF). Nature. 387: 573–575. doi:10.1038/42413. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2007. Besoek op 2 Augustus 2008.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. John Keith Davies, (2001). Beyond Pluto: Exploring the Outer Limits of the Solar System (PDF). Cambridge University Press. p. 111. ISBN 0-521-80019-6. Besoek op 2 Julie 2008.{{cite book}}: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link)
  5. David Jewitt (2009). "Scattered Kuiper Belt Objects (SKBOs)" (in Engels). Institute for Astronomy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 23 Januarie 2010.
  6. Lutz D. Schmadel, (2003). Dictionary of Minor Planet Names (5de hersiene en vergrote uitg.). Berlyn: Springer. Bl. 925 (aanhangsel 10). Sien ook McFadden, Lucy-Ann, Weissman, Paul & Johnson, Torrence (1999). Encyclopedia of the Solar System. San Diego: Academic Press. Bl. 218.
  7. IAU: Minor Planet Center (3 Januarie 2011). "List Of Centaurs and Scattered-Disk Objects" (in Engels). Central Bureau for Astronomical Telegrams, Harvard-Smithsonian Center for Astrophysics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2017. Besoek op 3 Januarie 2011.

Skakels

wysig
  Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia