Spektroskopie
analitiese metode
Spektroskopie is ’n versamelnaam vir wetenskaplike tegnieke om die wisselwerking tussen materie en stralingsenergie te ondersoek.[1][2]
Histories was spektroskopie die bestudering van sigbare lig wat volgens hul golflengtes deur ’n prisma versprei word. Later is die begrip heelwat uitgebrei om enige wisselwerking met stralingsenergie as ’n funksie van sy golflengte of frekwensie in te sluit.
Spektroskopiese tegnieke word toegepas in die natuurkunde, analitiese skeikunde en fisiese chemie om die eienskappe van saamgestelde molekulêre, atoom- of subatoom-stelsels te bepaal.
Elektromagnetiese spektroskopie
wysig'n Belangrike deel van die spektroskopie maak gebruik van fotone. Afhanklik van die golflengte van die straling kan verskeie eienskappe bestudeer word
- Mössbauerspektroskopie gebruik gammastraling om oorgange van die atoomkern te bestudeer
- X-straalspektroskopie gebruik X-strale om oorgange van die atome se kernelektrone te bestudeer
- UV/Sigbare spetroskopie toon veral oorgange tussen elektroniese toestande van die materiaal
- Infrarooispektroskopie toon veral oorgange tussen vibrasietoestande
- Mikrogolfspektroskopie toon veral oorgange tussen rotasietoestande
- Kernspinresonansie gebruik straling in die radiogolfgebied om oorgange van die kernspins te bestudeer
Ander vorme
wysigVerwysings
wysig- ↑ Crouch, Stanley; Skoog, Douglas A. (2007). Principles of instrumental analysis. Australia: Thomson Brooks/Cole. ISBN 0-495-01201-7.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Herrmann, R.; C. Onkelinx (1986). "Quantities and units in clinical chemistry: Nebulizer and flame properties in flame emission and absorption spectrometry". Pure and Applied Chemistry. 58 (12): 1737–1742. doi:10.1351/pac198658121737.
Eksterne skakels
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia