Sichuan
Sichuan (Chinees: 四川, Pinyin: Sìchuān, ) is 'n provinsie van die Volksrepubliek China. In 2013 het dit 'n bevolking van sowat 81 miljioen gehad.
Sichuan 四川省 (Chinees) | |
---|---|
Die "Meer van vyf blomme" in Sichuan | |
Ligging van Sichuan in die Volksrepubliek China | |
Koördinate: 30°8′0″N 102°56′0″O / 30.13333°N 102.93333°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Hoofstad | Chengdu |
Grootste stad | Chengdu |
Regering | |
• Tipe | Regering van Sichuan |
• Sekretaris | Peng Qinghua |
• Goewerneur | Huang Qiang |
Oppervlak | |
• Totaal | 485 000 km2 (187 000 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 81 100 000 |
• Digtheid | 170/km2 (430/vk. myl) |
• Rang | 4de |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Etniese groepe | Han (95%), Yi (2,6%), Tibettane (1,5%), Qiang (0,4%), Ander (0,5%) |
Webwerf | www.sc.gov.cn |
Geskiedenis
wysigDie naam Sichuan beteken "Vier Riviere". Tot 14 Maart 1997 het die huidige stadprovinsie Chongqing onder Sichuan geval. Die drie voormalige prefekture (Fuling, Wanxian en Qianjiang) is onder die bestuur van Chongqing geplaas. Dit het 'n totaal van 30,2 miljoen mense gehad. Hierdie herorganisasie is uitgevoer om die weste van China beter te ontwikkel en om mense wat hul huise deur die Drie Klowe-dam-projek verloor het, huisvestiging te gee. Sichuan was voor die opdeling die provinsie in China met die grootste bevolking.
Op 12 Mei 2008 is die provinsie getref deur 'n baie ernstige aardbewing met die krag van 7.9 op die Richterskaal.
Geografie
wysigHoewel die provinsie in die middel van China is, word Sichuan tradisioneel as deel van Suidwes-China beskou.
Die oostelike deel van die provinsie lê in die Rooi Bekken en is heeltemal omring deur hoë berge. Hierdie deel het 'n hoë bevolkingsdigtheid. Byna alle stede is hier en ongeveer honderd miljoen mense woon daar. Die Yangtze en 'n paar groot sytakke, soos die Min en die Jialing, is die belangrikste riviere. Die stad Chongqing is ook in die Rooi Bekken geleë.
Die groter westelike deel bestaan uit die oostelike bergreekse van die Himalajas. Die hoogste berg is die Gongga Shan (7590 meter). Hierdie deel word gereken onder die historiese Tibet.
In Sichuan is die Wolong natuurreservaat, want die groot panda beskerm wat met uitsterwing bedreig word. In Julie 2006 is dit op die Wêreld Erfenislys (kategorie natuurlike erfenis) geplaas. In die noorde van die provinsie is die Jiuzhaigou Nasionale Park (Nege Dorpsvallei), ook op die Wêreld Erfenislys geplaas.
Bestuursindeling
wysigDie bestuursindeling van Sichuan is as volg:
Nr. | Naam | Hanzi | Hanyu Pinyin | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Subprovinsiale stad | |||||||
9 | Chengdu | 成都市 | Chéngdū Shì | ||||
Stadsprefektuur | |||||||
3 | Mianyang | 绵阳市 | Miányáng Shì | ||||
4 | Guangyuan | 广元市 | Gǔangyúan Shì | ||||
5 | Nanchong | 南充市 | Nánchōng Shì | ||||
6 | Bazhong | 巴中市 | Bāzhōng Shì | ||||
7 | Dazhou | 达州市 | Dázhōu Shì | ||||
8 | Ya'an | 雅安市 | Yǎ'ān Shì | ||||
10 | Deyang | 德阳市 | Déyáng Shì | ||||
11 | Suining | 遂宁市 | Sùiníng Shì | ||||
12 | Guang'an | 广安市 | Guǎng'ān Shì | ||||
13 | Meishan | 眉山市 | Méishān Shì | ||||
14 | Ziyang | 资阳市 | Zīyáng Shì | ||||
15 | Leshan | 乐山市 | Lèshān Shì | ||||
16 | Neijiang | 内江市 | Nèijiāng Shì | ||||
17 | Zigong | 自贡市 | Zìgòng Shì | ||||
18 | Yibin | 宜宾市 | Yíbīn Shì | ||||
19 | Luzhou | 泸州市 | Lúzhōu Shì | ||||
21 | Panzhihua | 攀枝花市 | Pānzhīhūa Shì | ||||
Outonome prefekture | |||||||
1 | Garzê (Tibettaans) | 甘孜藏族自治州 | Gānzī Zàngzú Zìzhìzhōu | ||||
2 | Ngawa (Tibettaans & Qiang) | 阿坝藏族羌族自治州 | Ābà Zàngzú Qiāngzú Zìzhìzhōu | ||||
20 | Liangshan (Yi) | 凉山彝族自治州 | Liángshān Yízú Zìzhìzhōu |
Sichuan is verdeel in agttien stadsprefekture en drie outonome prefekture.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Doing Business in China – Survey". Ministry Of Commerce – People's Republic Of China. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2014. Besoek op 5 Augustus 2013.
- ↑ (en) "Communiqué of the National Bureau of Statistics of People's Republic of China on Major Figures of the 2010 Population Census [1] (No. 2)". National Bureau of Statistics of China. 29 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2013. Besoek op 4 Augustus 2013.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Sichuan. |
- (zh) Amptelike webwerf van die Sichuan Provinsiale Regering
- (en) "Sichuan". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Maart 2021.