Pietro Longhi
Pietro Longhi (* 5 November 1701 as Pietro Falca; † 8 Mei 1785 in Venesië) was 'n skilder in die laaste stylperiode van die Republiek Venesië, die Rokoko-tydperk, wat veral met sy skilderye van alledaagse 18de eeuse genretonele verbind word. Hierdie werke het dikwels fyn satiriese trekkies. Daarnaas het hy fresko's, altaarskilderye en portrette geskep.
Pietro Longhi | |
---|---|
Geboortenaam | Pietro Falca |
Gebore | Venesië, Italië | 5 November 1701
Sterf | 8 Mei 1785 (op 82) Venesië, Italië |
Nasionaliteit | Venesiaans |
Veld | Skildery |
Opleiding | Antonio Balestra, Giuseppe Crespi |
Beweging | Rokoko-tydperk |
Longhi is as seun van 'n Venesiaanse goudsmid gebore en het sy eerste opleiding deur Antonio Balestra (1666−1740) ontvang, 'n skilder van historiese tonele. Gedurende sy verblyf in Bologna was hy 'n leerling van Giuseppe Crespi (1665−1747), ook bekend as Lo Spagnuolo ("die Spanjaard"), in wie se werk, wat onder die invloed van Nederlandse meesters geskep is, tonele van die alledaagse lewe sentraal gestaan het. Nog voor 1732 – die jaar waarin hy in die huwelik getree het – het Longhi na Venesië teruggekeer waar hy 'n tyd lank historiese skilderye geskep het. Hierdie werke het egter min aanklank gevind. Die eerste gedateerde voorbeeld van sy studies van Venesiaanse binnevertrekke het in 1741 ontstaan.[1]
Pietro Longhi se seun Alessandro (1733−1813) het as skilder in die voetstappe van sy vader gevolg en hom hoofsaaklik op portretskilderye van Venesiaanse adellikes toegespits.
Galery
wysig-
Venesiaanse gesin (1760−1765)
-
Clara, die renoster (wat in Venesië vertoon is, 1751)
-
Eendjagters in die strandmeer (omstreeks 1760)
-
Voorstelling (1741)
-
Die aankoms van die Signore (uit die skilderyreeks "Die jag in die vallei", 1765−1770)
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pietro Longhi.