Opperduits
Opperduits (Duits: Oberdeutsch) is een van die Hoogduitse dialekgroepe en word in die suide van die Duitse taalgebied gepraat.
Opperduits | ||||
---|---|---|---|---|
Geografiese verspreiding: |
Suid-Duitsland, Noord- en Middel-Switserland, Oostenryk, Liechtenstein, Noord-Italië (Suid-Tirool), Frankryk (Elsas) | |||
Genetiese klassifikasie: |
Indo-Europees Germaans Hoogduits Opperduits | |||
Onderafdelings: | ||||
Opperduitse taalgebied met die Alemanniese dialekte in skakerings van rooi en die Beierse dialekte in skakerings van blou
|
Opperduits word onderskei van Middelduits deurdat die Tweede Germaanse klankverskuiwing in 'n groter mate daarin deurgevoer is.
In dié sin tel die Alemaniese en Beierse dialekte tot Opperduits. Die Frankiese Dialekgroepe Oosfrankies en Suidfrankies lê in die oorgangsgebied tussen Opperduits en Middelduits en word dikwels ook saam met Middelduits gegroepeer. Die uitgestorwe Langobardiese taal word weens die volledige deurvoering van die hoogduitse klankverskuiwing ook by die Opperduitse dialekte ingesluit.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Opperduits.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Opperduits.
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Upper German". Ethnologue. Besoek op 1 April 2018.
- (de) Duitse Taalatlas