Olimpiese Winterspele 2010
XXIe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 2010 (Engels: 2010 Winter Olympics, Frans: Les XXIes Jeux olympiques d'hiver), amptelik bekend as die XXIste Olimpiese Winterspele, is tussen 12 en 28 Februarie 2010 in Vancouver, Kanada, aangebied. Ander kandidaatstede was: Pyeongchang (Suid-Korea) en Salzburg (Oostenryk).
Die Olimpiese Winterspele 2010 is die derde Olimpiese Spele wat deur Kanada georganiseer is. Die eerste was die Olimpiese Somerspele 1976 in Montreal en die tweede was die Olimpiese Winterspele 1988 in Calgary.
Die Paralimpiese Winterspele 2010 is tussen 12 en 21 Maart in Vancouver gehou.
Toewysing
wysigVancouver is op 2 Julie 2003 tydens die 115de IOK-sitting in Praag as die gasheer van die Olimpiese Winterspele in 2010 aangewys. Ander kandidate was: Andorra la Vella (Andorra), Bern (Switserland), Harbin (China), Jaca (Spanje), Pyeongchang (Suid-Korea), Salzburg (Oostenryk) en Sarajevo (Bosnië en Herzegowina).
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2010[3] | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | ||||
Vancouver | Kanada | 40 | 56 | ||||
Pyeongchang | Suid-Korea | 51 | 53 | ||||
Salzburg | Oostenryk | 16 | — |
Sporte
wysig86 items het deel uitgemaak van die Olimpiese Winterspele 2010. Die agt sportsoorte wat gekategoriseer is as yssportsoorte is: Bobslee (bobsleigh), rodel (luge), skeleton, yshokkie (ice hockey), kunsskaats (figure skating), langbaanskaats (speed skating), kortbaanskaats (shorttrack) en ysbal (curling). Die drie sportsoorte wat as alpyns, ski en sneeuplank gekategoriseer is, is: Alpeski (alpine skiing), vryski (freestyle skiing) en sneeuplankry (snowboarding). Die vier sportsoorte wat as Nordies gekategoriseer is, is: tweekamp (biathlon), heg-en-steg-ski (cross country skiing), skansspring (ski jumping) en Noorse kombinasie (nordic combined).
7 Olimpiese sporte in 15 dissiplines is tydens die Spele beoefen.
- Alpeski (10)
- Bobslee (3)
- Heg-en-steg-ski (12)
- Kortbaanskaats (8)
- Kunsskaats (4)
- Langbaanskaats (12)
- Noorse kombinasie (3)
- Rodel (3)
- Skansspring (3)
- Skeleton (2)
- Sneeuplankry (6)
- Tweekamp (10)
- Vryski (6)
- Ysbal (2)
- Yshokkie (2)
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | UG | Uitstallingsgala | SS | Sluitingseremonie |
Februarie | 12 Vr |
13 Sa |
14 So |
15 Ma |
16 Di |
17 Wo |
18 Do |
19 Vr |
20 Sa |
21 So |
22 Ma |
23 Di |
24 Wo |
25 Do |
26 Vr |
27 Sa |
28 So |
Wedstryde | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | SS | |||||||||||||||||
Alpeski | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | 1 | 1 | 1 | 10 | |||||||
Bobslee | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | 3 | ||||||||||||
Heg-en-steg-ski | 2 | 2 | 1 | 1 | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 12 | |||||||||
Kortbaanskaats | 1 | 1 | 2 | 1 | 3 | 8 | |||||||||||||
Kunsskaats | ● | 1 | ● | 1 | ● | ● | 1 | ● | 1 | UG | 4 | ||||||||
Langbaanskaats | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | 2 | 12 | ||||||
Noorse kombinasie | 1 | 1 | 1 | 3 | |||||||||||||||
Rodel | ● | 1 | ● | 1 | 1 | 3 | |||||||||||||
Skansspring | ● | 1 | ● | 1 | 1 | 3 | |||||||||||||
Skeleton | ● | 2 | 2 | ||||||||||||||||
Sneeuplankry | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 6 | ||||||||||||
Tweekamp | 1 | 1 | 2 | 2 | 2 | 1 | 1 | 10 | |||||||||||
Vryski | 1 | 1 | ● | 1 | ● | 1 | 1 | 1 | 6 | ||||||||||
Ysbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||||||
Yshokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | ● | 1 | 2 | ||
Totaal | 0 | 5 | 5 | 6 | 5 | 7 | 6 | 4 | 6 | 6 | 4 | 5 | 5 | 6 | 7 | 7 | 2 | 86 | |
Kumulatief | 0 | 5 | 10 | 16 | 21 | 28 | 34 | 38 | 44 | 50 | 54 | 59 | 64 | 70 | 77 | 84 | 86 | ||
Februarie | 12 Vr |
13 Sa |
14 So |
15 Ma |
16 Di |
17 Wo |
18 Do |
19 Vr |
20 Sa |
21 So |
22 Ma |
23 Di |
24 Wo |
25 Do |
26 Vr |
27 Sa |
28 So |
Wedstryde |
Deelnemende nasies
wysigHier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Albanië (1)
- Algerië (1)
- Andorra (6)
- Argentinië (7)
- Armenië (4)
- Australië (40)
- Azerbeidjan (2)
- België (8)
- Bermuda (1)
- Bosnië en Herzegowina (5)
- Brasilië (5)
- Bulgarye (19)
- Chili (3)
- Chinees Taipei (1)
- Colombia (1)
- Denemarke (18)
- Duitsland (153)
- Estland (30)
- Ethiopië (1)
- Finland (95)
- Frankryk (108)
- Georgië (8)
- Ghana (1)
- Griekeland (7)
- Hongarye (16)
- Hongkong (1)
- Ierland (7)
- Indië (3)
- Iran (4)
- Israel (3)
- Italië (109)
- Jamaika (1)
- Japan (94)
- Kaaimanseilande (1)
- Kanada (206)
- Kasakstan (38)
- Kirgisië (2)
- Kroasië (19)
- Letland (59)
- Libanon (3)
- Liechtenstein (7)
- Litaue (8)
- Masedonië (3)
- Marokko (1)
- Meksiko (1)
- Moldowa (7)
- Monaco (3)
- Mongolië (2)
- Montenegro (1)
- Nederland (34)
- Nepal (1)
- Nieu-Seeland (16)
- Noord-Korea (2)
- Noorweë (99)
- Oekraïne (47)
- Oesbekistan (3)
- Oostenryk (81)
- Pakistan (1)
- Peru (3)
- Pole (50)
- Portugal (1)
- Roemenië (29)
- Rusland (177)
- San Marino (1)
- Senegal (1)
- Serwië (10)
- Siprus (2)
- Slowakye (73)
- Slowenië (50)
- Spanje (18)
- Suid-Afrika (2)
- Suid-Korea (46)
- Swede (106)
- Switserland (146)
- Tadjikistan (1)
- Tsjeggië (92)
- Turkye (5)
- Verenigde Koninkryk (52)
- Verenigde State (215)
- Volksrepubliek China (90)
- Belarus (51)
- Ysland (4)
Suid-Afrikaanse deelname
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.
Suid-Afrika het aan hierdie Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.
Getal medaljes
wysigHier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Kanada (CAN) | 206 | 14 | 7 | 5 | 26 |
2 | Duitsland (GER) | 153 | 10 | 13 | 7 | 30 |
3 | Verenigde State (USA) | 215 | 9 | 15 | 13 | 37 |
4 | Noorweë (NOR) | 99 | 9 | 8 | 7 | 24 |
5 | Suid-Korea (KOR) | 46 | 6 | 6 | 2 | 14 |
6 | Switserland (SUI) | 146 | 6 | 0 | 3 | 9 |
7 | Volksrepubliek China (CHN) | 90 | 5 | 2 | 4 | 11 |
Swede (SWE) | 106 | 5 | 2 | 4 | 11 | |
9 | Oostenryk (AUT) | 81 | 4 | 6 | 6 | 16 |
10 | Nederland (NED) | 34 | 4 | 1 | 3 | 8 |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 21 Januarie 2018.
- ↑ (en) "Governor General to Open the Vancouver 2010 Olympic Winter Games". Governor General of Canada. 8 Februarie 2010. Besoek op 21 Januarie 2018.
- ↑ (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 21 Januarie 2018.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 2010. |
- (en) Vancouver 2010 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |