Mainz
Mainz is die hoofstad en grootste stad van die Duitse deelstaat Rynland-Palts. Mainz, wat teenoor die monding van die Mainrivier in die Ryn en Wiesbaden, die hoofstad van die deelstaat Hesse, geleë is, is die setel van 'n universiteit, 'n Rooms-Katolieke bisdom en 'n aantal televisie- en radiomaatskappye. Mainz se domkerk is saam met die domkerke in Speyer en Worms een van die drie Romaanse keiserdomkerke. Die stad staan daarnaas as een van die sentra van die Rynse karnaval bekend. Die grootste stede in die omgewing naas Wiesbaden is Ludwigshafen, Mannheim, Darmstadt en Frankfurt am Main.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Rynland-Palts |
Koördinate | 50°0′N 8°16′O / 50.000°N 8.267°O |
Stigting | 13/12 v.C. (Mogontiacum) |
Stadstatus | 1244 (Vrye Stad) |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 97,76 vk km |
Hoogte bo seevlak | 82-245 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2017) | 215 110 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 200/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Michael Ebling (SPD) |
Amptelike webwerf | www.mainz.de |
Mainz was een van die Asjkenasiese Jode se hoofsentra in die Middeleeuse Heilige Romeinse Ryk. In 2021 is die drie SchUM-stede Mainz, Speyer en Worms (afgelei van die hoofletters van die Hebreeuse name van die drie stede Sjin (Sj, ש) vir Sjpira (שפירא, Speyer), Waw (U ו) vir Warmaisa (Worms) en Mem (M מ) vir Magenza (Mainz) deur Unesco as wêrelderfenisgebiede gelys.[1]
Verwysings
wysig- ↑ (en) "ShUM Sites of Speyer, Worms and Mainz". Unesco. Besoek op 29 Julie 2021.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mainz.
- (en) Toerisme-inligting oor Mainz op Wikivoyage
- (de) Amptelike webwerf
- (en) "Mainz". Encyclopædia Britannica. Besoek op 29 Julie 2021.