Kraakbeenvisse
Die Kraakbeenvisse (Chondrichthyes) is 'n superklas visse wat aan die filum van die Gewerweldes behoort. Die superklas maak voorsiening vir alle tipe visse waarvan die skelet uit kraakbeen bestaan onder andere: haaie, rôe, saagvisse, sandkruipers en pylsterte. Kraakbeenvisse het nie 'n swemblaas of operkulums (kieu-deksels) nie.
Kraakbeenvisse | |
---|---|
'n Witdoodshaai, Carcharodon carcharias | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | Chondrichthyes Huxley, 1880
|
Klas | |
Visse waarvan die skelet uit been bestaan ressorteer onder die superklas Osteichthyes.
Chondrichthyes het twee klasse: Elasmobranchii en Holocephali.
Visordes
wysigDie volgende ordes is deel van die superklas en kom in Suider-Afrika voor:
Nommer | Orde | Beskrywing | Klas | Superklas |
---|---|---|---|---|
1 | Carcharhiniformes | Grondhaaie | Elasmobranchii | Kraakbeenvisse |
2 | Chimaeriformes | Chimaeras | Holocephali | Kraakbeenvisse |
3 | Hexanchiformes | Koei en Frilletjieshaaie | Elasmobranchii | Kraakbeenvisse |
4 | Lamniformes | Haringhaaie | Elasmobranchii | Kraakbeenvisse |
5 | Myliobatiformes | Pylstertagtiges | Elasmobranchii | Kraakbeenvisse |
6 | Orectolobiformes | Tapythaaie | Elasmobranchii | Kraakbeenvisse |
7 | Pristiformes | Saagvisse | Elasmobranchii | Kraakbeenvisse |
8 | Rajiformes | Sandkruipers en Rôe | Elasmobranchii | Kraakbeenvisse |
9 | Squaliformes | Hondhaaie | Elasmobranchii | Kraakbeenvisse |
10 | Torpediniformes | Drilvisse | Elasmobranchii | Kraakbeenvisse |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Botella, H., P.C.J. Donoghue en C. Martínez-Pérez (Mei 2009). "Enameloid microstructure in the oldest known chondrichthyan teeth". Acta Zoologica 90 (Supplement 1): 103–108.
Bron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7