Judas
die 26ste boek in die Nuwe Testament van die Bybel
Die brief van Judas is die 26 ste boek in die Nuwe Testament van die Bybel. Die brief is gerig aan lesers wat nie nader aangedui kan word nie. Hulle word lastig geval deur dwaalleraars wat hulle voordoen as ware gelowiges. Die lesers word aangespoor om getrou te bly aan die geloof in God soos deur die apostels geleer. Hulle moet mekaar bystaan deur die krag van die Heilige Gees.
Bron
wysig- Die Bybel: Nuwe vertaling (Bybelgenootskap van Suid-Afrika)
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Judas.