Flerovium
| ||||||
Algemeen | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | flerovium, Fl, 114 | |||||
Chemiese reeks | vermoedelik arm metale | |||||
Groep, periode, blok | 14, 7, p | |||||
Voorkoms | onbekend, waarskynlik silwerig wit of metaalgrys | |||||
Atoommassa | (298) g/mol | |||||
Elektronkonfigurasie | moontlik [Rn] 5f14 6d10 7s2 7p2 (raaiskoot gegrond op lood) | |||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 32, 32, 18, 4 | |||||
Toestand | vermoedelik 'n vastestof | |||||
CAS-registernommer | 54085-16-4 | |||||
Portaal Chemie |
Flerovium is 'n radioaktiewe chemiese element op die periodieke tabel met die simbool Fl en atoomgetal 114. Op 30 Mei 2012 is die tydelike naam ununquadium en simbool Uuq deur die IUPAC in flerovium en Fl verander.[1]
Geskiedenis
wysigDie ontdekking van flerovium in Desember 1998 is in Januarie 1999 deur wetenskaplikes by die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing in Doebna, Rusland, aangekondig.[2] Dieselfde span het drie maande later 'n ander isotoop van Fl vervaardig [3] en die sintese in 2004 en 2006 bevestig.
In 2004 het die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing die sintese van hierdie element deur 'n ander metode bevestig (die chemiese identifisering op finale vervalprodukte van die element).
Flerovium word soms eka-lood genoem aangesien die eienskappe daarvan volgens veronderstelling soortgelyk is as dié van lood. Daar word verwag dat dit 'n sagte, digte metaal is wat in lug verweer met 'n smeltpunt van ongeveer 200 grade Celsius.
Sintese
wysigFlerovium kan vervaardig word deur plutonium-244 teikens met kalsium-48-swaarioonstrale te bombardeer.
Sintese van isotoop 298
wysigDie vervaardiging van flerovium-298 sou baie moeilik wees, omdat kerne wat na 114 protone en 184 neutrone optel nie in weegbare hoeveelhede beskikbaar is nie.
Dit kan egter moontlik wees om dit te doen as kernoordragreaksies behaal kan word. [verwysing benodig] Een van die reaksies kan wees: 204Hg + 136Xe → 298Unq + 40Ca + 2n
Stabiele(r) flerovium
wysigVolgens die eiland van stabiliteit-teorie kan verwag word dat sommige nukliede in die omgewing van 114 protone en 184 neutrone (d.w.s. isotoop Fl-298) betreklik stabiel behoort te wees in vergelyking met die omliggende nukliede. Flerovium kom nie natuurlik in die natuur voor nie en word geheel en al in laboratoriums vervaardig. Alle isotope van flerovium wat tot dusver vervaardig is, is neutron-arm. Dit beteken hulle bevat beduidend minder neutrone as 184, wat een van die magiese getal neutrone is wat vermoedelik die isotoop stabieler kan maak. Neutron-arm dui ook aan dat die isotope verval deur óf spontane splyting en 'n verskeidenheid radionukliede vervaardig óf deur positron-uitstraling óf elektronvangs om die element nihonium te lewer.
Verwysings
wysig- ↑ "Element 114 is Named Flerovium and Element 116 is Named Livermorium". IUPAC. 30 Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2012. Besoek op 1 Junie 2012. (en)
- ↑ Oganessian, Yu. Ts. (1999). "Synthesis of Superheavy Nuclei in the 48Ca + 244Pu Reaction". Physical Review Letters. 83: 3154. doi:10.1103/PhysRevLett.83.3154.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|month=
geïgnoreer (hulp) - ↑ Oganessian (1999). "Synthesis of nuclei of the superheavy element 114 in reactions induced by 48Ca". Nature. 400: 242. doi:10.1038/22281.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|month=
geïgnoreer (hulp)
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir flerovium.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Flerovium. |
- WebElements.com – Uuq
- Apsidium – Flerovium
- First postcard from the island of nuclear stability Geargiveer 23 Julie 2008 op Wayback Machine
- Second postcard from the island of stability Geargiveer 5 Desember 2008 op Wayback Machine
H | He | ||||||||||||||||||||||||||||||
Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | ||||||||||||||||||||||||
Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | ||||||||||||||||||||||||
K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | ||||||||||||||
Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | ||||||||||||||
Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn |
Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og |
Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |