Erica galgebergensis
plantspesie
Erica galgebergensis is 'n plant wat tot die genus Erica behoort[1] en deel van die fynbos vorm. Die spesie se wetenskaplike naam is die eerste keer deur H.A. Baker gepubliseer.[2] Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor by Galgeberg in die Riviersonderendberge. Hier is daar een populasie van minder as 'n 1 000 plante wat voorkom in 'n gebied van 6 km². Die plant se habitat word bedreig deur indringerplante. Die plant groei op rotshange op die suidelike hellings waar dit klam en skaduryk is op hoë hoogtes.
Erica galgebergensis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Genus: | Erica |
Spesie: | E. galgebergensis
|
Binomiale naam | |
Erica galgebergensis H.A. Baker, (1968)
|
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Roskov Y., Kunze T., Orrell T., Abucay L., Paglinawan L., Culham A., Bailly N., Kirk P., Bourgoin T., Baillargeon G., Decock W., De Wever A., Didžiulis V. (2014). "Species 2000 & ITIS Catalogue of Life: 2014 Annual Checklist". Species 2000: Reading, UK. Besoek op 3 Februarie 2021.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ H. A. Baker, 1968 In: Journ. S. Afr. Bot. 34: 85