Opperhuid
(Aangestuur vanaf Epidermis)
Oor die algemeen verwys epidermis na die buitenste laag selle van 'n orgaan (vir beide plante en diere).
In die mediese vakterminologie verwys opperhuid (sinoniem: epidermis, uit Grieks “derma” = vel) na die veellagige dekweefsel, aan die oppervlakte verhoorn, wat 'n mens se uitwendige liggaamsoppervlak as buitelaag van die huid beklee en wat die huidkliere, hare en naels vorm.