Aline van Alphen
Aty Greshoff (1887–1987), vrou van die Nederlandse digter Jan Greshoff, het verskeie Afrikaanse werke onder die skuilnaam Aline van Alphen geskryf. Sy het per geleentheid ook die skuilnaam Nini Brunt gebruik.
Lewe en werk
wysigAgatha Christina Brunt is in 1887 gebore en werk as joernalis. Sy is op 14 Februarie 1917 getroud met die Nederlandse digter en literator Jan Greshoff en uit die huwelik word twee seuns, Kees en Jan, gebore. Sy is self ’n skrywer wat meestal verkies om onder skuilname te skryf.
Tussen die twee wêreldoorloë is sy saam met haar man in die middel van die Nederlandse literêre kringe en is sy goed bevriend met die meeste van die vooraanstaande Nederlandse skrywers, soos Willem Kloos, E. du Perron, A. Roland Holst, J.C. Bloem en baie ander. Na haar huwelik sit sy haar joernalistieke werk voort en behartig onder meer ’n weeklikse rubriek vir die Indonesiese koerant De Locomotief. Met die spanning in Europa wat deurgaans oplaai voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, besluit die gesin in 1939 om Europa te verlaat en hulle emigreer na Suid-Afrika, waar hulle op 12 Julie 1939 in Kaapstad aan wal stap, waar hulle in Tamboerskloof woon.
In 1940 bring hulle geruime tyd op Java deur en in Oktober 1942 vertrek hulle in diens van die Nederlandse regering-in-ballingskap na die Ooste en daarna na New York, waar haar man die res van die oorlog deurbring in diens van die Nederlandse Inligtingsdiens. Na die vredesluiting keer hulle permanent terug na Suid-Afrika, waar sy medewerker word vir Die Huisgenoot en Sarie. Tydens hulle verblyf in Suid-Afrika maak hulle elke twee jaar ’n maandelange reis na Europa en Amerika.
Sy is in 1987 op honderdjarige ouderdom[1] oorlede.
Skryfwerk
wysigOnder die skuilnaam Aline van Alphen beskryf sy in Afrikaans die liefdeslewe van ’n Hollandse meisie in New York tydens die Tweede Wêreldoorlog in die roman Die swaar pad terug.
Kom ons praat van hart tot hart is ’n keur uit haar rubrieke.
Saam met Heléne Malan skryf sy die boek oor etiket, Lewenskuns en goeie maniere.
As Nini Brunt verwerk sy haar jeugherinneringe in die boeke Het huis in de Gorterstraat, en Het huis in de Heemskerckstraat, terwyl sy onder die naam Aty Greshoff die kort biografie Mijn herinneringen aan E. du Perron skryf.
Publikasies
wysigWerke wat uit haar pen verskyn slut in:[2][3][4]
Jaar | Publikasies |
---|---|
1947 | Die swaar pad terug |
1953 | Lewenskuns en goeie maniere (saam met Heléne Malan) |
1954 | Kom ons praat van hart tot hart |
1975 | Mijn herinneringen aan E. du Perron (Aty Greshoff) |
1978 | Het huis in de Gorterstraat: kind in Den Haag (Nini Brunt) |
Het huis in de Heemskerckstraat: meisje tussen boeken (Nini Brunt) |
Bronnelys
wysigBoeke
wysig- Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970
- Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
- Kannemeyer, J.C. Die dokumente van Dertig. Jutalit Kenwyn Eerste uitgawe Eerste druk 1990
- Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969
Internet
wysig- Pama, C. Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1987/07/01/11/1.html[dooie skakel]
Ander verwysings
wysig- ↑ Pama, C. Aty Greshoff word 100. Die Burger, 1 Julie 1987
- ↑ Digitale Bibliotheek voor Nederlandse Letteren: http://www.dbnl.org/auteurs/auteur.php?id=gres001
- ↑ Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AVan+Alphen%2C+Aline.&qt=hot_author
- ↑ Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/viaf-193039844/