Afrikanasiesbeker 1996

Die Afrikanasiesbeker 1996 is van 13 Januarie tot en met 3 Februarie 1996 in Suid-Afrika aangebied. Dit was die 20ste aanbieding van die CAF se Afrikanasiesbeker-toernooi en die eerste keer wat Suid-Afrika die geleentheid gekry het om as gasheer op te tree voordat hulle ook die 2013-toernooi aangebied het.

Afrikanasiesbeker 1996
Suid-Afrika 1996
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Datums 13 Januarie – 3 Februarie
Spanne 15 (van 1 konfederasie)
Stadions (in 4 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (1 titel)
Tweede plek Vlag van Tunisië Tunisië
Derde plek Vlag van Zambië Zambië
Vierde plek Vlag van Ghana Ghana
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 29
Doele 78 (2.69 per wedstryd)
Bywoning 640 880 (22 099 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Zambië Kalusha Bwalya (4 doele)
Beste speler Vlag van Zambië Kalusha Bwalya
1994
1998
Die Trofee van Afrika-eenheid waarom meegeding is

Dit was die eerste toernooi met die nuwe aantal van 16 nasionale sokkerspanne, wat verhoog is van die vorige twaalf deelnemers tydens die Afrikanasiesbekertoernooie in 1992 en 1994. Nadat die titelhouer Nigerië weens Suid-Afrika se gasheerskap nie aan die toernooi wou deelneem nie, is Guinee gevra om deel te neem, maar hulle het weens ’n gebrek aan voorbereidingstyd geweier, waarvolgens 15 pleks van 16 spanne vanuit verskeie Afrikalande aan dié toernooi deelgeneem het. Suid-Afrika se Bafana-Bafana het die trofee gewen nadat hulle Tunisië op 3 Februarie in die ENB-stadion met 2–0 geklop en sodoende hulle eerste Afrikatitel ingepalm het; Suid-Afrika het daarmee regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 in Frankryk gekwalifiseer.[1] Zambië het in die derde en Ghana in die vierde plek geëindig.

Toewysing

wysig

Oorspronklik is Kenia deur CAF as gasheer vir die toernooi aangewys, maar het dit later weens die regering se gebrek aan finansiële ondersteuning en die agterstand in die verbetering van fasiliteite teruggegee, waarvolgens Suid-Afrika as gasheer aangewys is.[2]

Kwalifisering

wysig

Die gasheer Suid-Afrika het regstreeks vir die Afrikanasiesbeker 1996 gekwalifiseer. Tydens die kwalifisering het 44 spanne om die oorblywende 15 plekke meegeding. Die verdedigende kampioen Nigerië moes op druk deur die destydse diktator Sani Abacha weens veiligheidskwessies in Suid-Afrika net voor die begin van die toernooi homself onttrek. Nadat Guinee, die naasbeste kwalifiseerder, die aanbod verwerp het om Nigerië se plek in te neem weens ’n gebrek aan voorbereidingstyd het, het 15 pleks van 16 spanne deelgeneem.[3]

Kwalifiserende spanne

wysig

Die volgende 15 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

Span Verskynings by eindstryde Agtereenvolgende deelnames Laaste verskyning Vorige beste prestasie
  Algerië 9de 1 1992 Kampioen (1990)
  Angola 1ste 1 Debuut
  Burkina Faso 2de 1 1978 Groepfase (1978)
  Egipte 15de 7 1994 Kampioen (1957, 1959, 1986)
  Gaboen 2de 2 1994 Groepfase (1994)
  Ghana 11de 3 1994 Kampioen (1963, 1965, 1978, 1982)
  Ivoorkus 12de 7 1992 Kampioen (1992)
  Kameroen 9de 1 1992 Kampioen (1984, 1988)
  Liberië 1ste 1 Debuut
  Mosambiek 2de 1 1986 Groepfase (1986)
  Sierra Leone 2de 2 1994 Groepfase (1994)
  Suid-Afrika 1ste 1 Debuut
  Tunisië 7de 1 1994 Naaswenner (1965)
  Zaïre 10de 3 1994 Kampioen (1968, 1974)
  Zambië 8de 4 1994 Naaswenner (1974, 1994)

Stadions

wysig

Die wedstryde is in vier stede en in vier stadions gespeel:

Johannesburg
Afrikanasiesbeker 1996 (Suid-Afrika)
Durban
ENB-stadion Kings Park-stadion
26°14′5.3″S 27°58′56.6″O / 26.234806°S 27.982389°O / -26.234806; 27.982389 (ENB-stadion) 29°49′30″S 31°1′47″O / 29.82500°S 31.02972°O / -29.82500; 31.02972 (Kings Park-stadion)
Kapasiteit: 80 000 Kapasiteit: 52 000
   
Bloemfontein Port Elizabeth
Vrystaatstadion Boet Erasmus-stadion
29°7′3″S 26°12′32″O / 29.11750°S 26.20889°O / -29.11750; 26.20889 (Vrystaatstadion) 33°58′55″S 25°38′22″O / 33.98194°S 25.63944°O / -33.98194; 25.63944 (Boet Erasmus-stadion)
Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 33 852
   

Formaat

wysig

Die Afrikanasiesbeker 1996 is oor 22 dae tussen 15 verskillende nasies oor 29 wedstryde uitgespeel. Dit het op 13 Januarie 1996 op die ENB-stadion in Johannesburg met ’n wedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Kameroen afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 3 Februarie met die eindstryd tussen Suid-Afrika en Tunisië, waartydens die gasheer die Afrikanasiesbekertrofee ingepalm het.

Kalender

wysig

Die volgende tabel dui die Afrikanasiesbeker 1996 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Januarie
Sa
13
So
14
Ma
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
So
21
Ma
22
Di
23
Wo
24
Do
25
Groep A 1 1 1 1 2
Groep B 1 1 1 1 2
Groep C 1 1 1
Groep D 1 1 1 1 2
Uitklopfase
Januarie/Februarie
Vr
26
Sa
27
So
28
Ma
29
Di
30
Wo
31
Do
1
Vr
2
Sa
3
Uitklopfase 2 2 2 2
Legende

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek en eindstryd

Groepfase

wysig

Die Afrikanasiesbeker 1996 is deur 15 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 15 deelnemende spanne in vier groepe van óf drie óf vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase

wysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde

wysig
Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

wysig

15 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

wysig
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Suid-Afrika 3 2 0 1 4 1 +3 6
  Egipte 3 2 0 1 4 3 +1 6
  Kameroen 3 1 1 1 5 7 –2 4
  Angola 3 0 1 2 4 6 –2 1

13 Januarie 1996
  Suid-Afrika 3–0   Kameroen ENB-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 75 000
Skeidsregter: Said Belqola (Marokko)
Masinga   15'
Williams   37'
Moshoeu   55'

15 Januarie 1996
  Egipte 2–1   Angola ENB-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 6 000
Skeidsregter: Sidi Bekaye Magassa (Mali)
El-Kass   30',   33'   77' Quinzinho

18 Januarie 1996
  Kameroen 2–1   Egipte ENB-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 4 000
Skeidsregter: Lim Kee Chong (Mauritius)
Omam-Biyik   36' (straf)
Tchami   59'
  48' Maher

20 Januarie 1996
  Suid-Afrika 1–0   Angola ENB-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 28 000
Skeidsregter: Fethi Boucetta (Tunisië)
Williams   57'

24 Januarie 1996
  Suid-Afrika 0–1   Egipte ENB-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 20 000
Skeidsregter: Lucien Bouchardeau (Niger)
  7' El-Kass

24 Januarie 1996
  Angola 3–3   Kameroen Kings Park-stadion, Durban
Toeskouers: 6 000
Skeidsregter: Mohamed Kouradji (Algerië)
Joni   38' (straf)
Paulão   57'
Quinzinho   80'
  25' Omam-Biyik
  82' Mouyémé
  90' (e. d.) Hélder Vicente

Groep B

wysig
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Zambië 3 2 1 0 9 1 +8 7
  Algerië 3 2 1 0 4 1 3 7
  Sierra Leone 3 1 0 2 2 7 –5 3
  Burkina Faso 3 0 0 3 3 9 –6 0

14 Januarie 1996
  Zambië 0–0   Algerië Vrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 9 000
Skeidsregter: Ali Bujsaim (VAE)

15 Januarie 1996
  Sierra Leone 2–1   Burkina Faso Vrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 1 500
Skeidsregter: Okoampa (Ghana)
Sessay   11'
Kallon   89'
  74' Ouédraogo

18 Januarie 1996
  Algerië 2–0   Sierra Leone Vrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 1 500
Skeidsregter: Ian McLeod (Suid-Afrika)
Meçabih   41',   63'

20 Januarie 1996
  Zambië 5–1   Burkina Faso Vrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 2 000
Skeidsregter: Masayoshi Okada (Japan)
Malitoli   18'
K. Bwalya   24',   35'
Lota   44'
J. Bwalya   45'
  53' Traoré

24 Januarie 1996
  Algerië 2–1   Burkina Faso Boet Erasmus-stadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 180
Skeidsregter: Charles Masembe (Uganda)
Lounici   2'
Dziri   75'
  83' Zongo

24 Januarie 1996
  Zambië 4–0   Sierra Leone Vrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 200
Skeidsregter: Lim Kee Chong (Mauritius)
K. Bwalya   2',   9',   84'
Malitoli   87'

Groep C

wysig
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Gaboen 2 1 0 1 3 2 +1 3
  Zaïre 2 1 0 1 2 2 0 3
  Liberië 2 1 0 1 2 3 –1 3

16 Januarie 1996
  Gaboen 1–2   Liberië Kings Park-stadion, Durban
Toeskouers: 5 000
Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte)
Nzeng   59'   5' (straf) Sebwe
  54' Sarr

19 Januarie 1996
  Gaboen 2–0   Zaïre Kings Park-stadion, Durban
Toeskouers: 4 000
Skeidsregter: Omer Yengo (Kongo)
Mackaya   21' (straf)
Bekogo   34'

25 Januarie 1996
  Zaïre 2–0   Liberië ENB-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 3 000
Skeidsregter: Said Belqola (Marokko)
Lukaku   5' (straf)
Essende   72'

  Nigerië het onttrek, waarvolgens hul drie wedstryde gekanselleer is:

Groep D

wysig
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Ghana 3 3 0 0 6 1 +5 9
  Tunisië 3 1 1 1 5 4 +1 4
  Ivoorkus 3 1 0 2 2 5 –3 3
  Mosambiek 3 0 1 2 1 4 –3 1

14 Januarie 1996
  Ghana 2–0   Ivoorkus Boet Erasmus-stadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 8 000
Skeidsregter: Masayoshi Okada (Japan)
Yeboah   20'
Pele   70'

16 Januarie 1996
  Tunisië 1–1   Mosambiek Boet Erasmus-stadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 1 000
Skeidsregter: Charles Masembe (Uganda)
Berkhissa   24'   4' Bucuane

19 Januarie 1996
  Ghana 2–1   Tunisië Boet Erasmus-stadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 1 000
Skeidsregter: Petros Mathabela (Suid-Afrika)
Pele   50'
Akonnor   77'
  72' Ben Younes

21 Januarie 1996
  Ivoorkus 1–0   Mosambiek Boet Erasmus-stadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 500
Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte)
Tiéhi   32'

25 Januarie 1996
  Tunisië 3–1   Ivoorkus Boet Erasmus-stadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 1 000
Skeidsregter: Sidi Bekaye Magassa (Mali)
Ben Younes   32',   38'
Ben Hassen   48'
  84' Traoré

25 Januarie 1996
  Ghana 2–0   Mosambiek Vrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 3 500
Skeidsregter: Ali Bujsaim (VAE)
Pele   42'
Aboagye   68'

Uitklopfase

wysig
Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
27 Januarie – Johannesburg        
   Suid-Afrika  2
31 Januarie – Johannesburg
   Algerië  1  
   Suid-Afrika  3
28 Januarie – Port Elizabeth
     Ghana  0  
   Ghana  1
3 Februarie – Johannesburg
   Zaïre  0  
   Suid-Afrika  2
27 Januarie – Bloemfontein
     Tunisië  0
   Zambië  3
31 Januarie – Durban
   Egipte  1  
   Zambië  2 Uitspeel om derde plek
28 Januarie – Durban
     Tunisië  4   3 Februarie – Johannesburg
   Gaboen  1
(1)
     Ghana  0
   Tunisië  1
(4)
 
   Zambië  1

Kwarteindrondte

wysig

27 Januarie 1996
  Suid-Afrika 2–1   Algerië ENB-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 80 000
Skeidsregter: Ali Bujsaim (VAE)
Fish   72'
Moshoeu   85'
  84' Lazizi

27 Januarie 1996
  Zambië 3–1   Egipte Vrystaatstadion, Bloemfontein
Toeskouers: 8 500
Skeidsregter: Charles Masembe (Uganda)
Elijah Litana   58'
Mutale   65'
Lota   76'
  43' Kamouna

28 Januarie 1996
  Gaboen 1–1 (e.t.)
Strafskoppe
1–4
  Tunisië Kings Park-stadion, Durban
Toeskouers: 4 000
Skeidsregter: Lim Kee Chong (Mauritius)
Mackaya   16'
Strafskoppe
Mackaya  
Kassa-Ngoma  
Bekogo-Zogo  
  10' Baya
Strafskoppe
  Sellimi
  Fekhi
  Ben Slimane
  El Ouaer

28 Januarie 1996
  Ghana 1–0   Zaïre Boet Erasmus-stadion, Port Elizabeth
Toeskouers: 8 000
Skeidsregter: Sidi Bekaye Magassa (Mali)
Yeboah   22'

Halfeindrondte

wysig

31 Januarie 1996
  Suid-Afrika 3–0   Ghana ENB-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 75 000
Skeidsregter: Gamal Al-Ghandour (Egipte)
Moshoeu   22',   87'
Bartlett   46'

31 Januarie 1996
  Zambië 2–4   Tunisië Kings Park-stadion, Durban
Toeskouers: 5 000
Skeidsregter: Lucien Bouchardeau (Niger)
Lota   68'
Makasa   90'
  16',   85' (straf) Sellimi
  20' Baya
  47' Ghodhbane

Klein finale (om die derde plek)

wysig

3 Februarie 1996
  Ghana 0–1   Zambië ENB-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 80 000
Skeidsregter: Omer Yengo (Kongo)
  51' J. Bwalya

Eindstryd

wysig

3 Februarie 1996
  Suid-Afrika 2–0   Tunisië ENB-stadion, Johannesburg
Toeskouers: 80 000
Skeidsregter: Charles Masembe (Uganda)
Williams   73',   75'


Afrikanasiesbekerkampioen 1996
  Suid-Afrika

Ranglys

wysig
 
Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Onttrek

   Geen deelname

     Gasheerland Suid-Afrika
Rang Span Groep Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
1   Suid-Afrika A 6 5 0 1 11 2 +9 15
2   Tunisië D 6 2 2 2 10 9 +1 8
3   Zambië B 6 4 1 1 15 6 +9 13
4   Ghana D 6 4 0 2 7 5 +2 12
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5   Algerië B 4 2 1 1 5 3 +2 7
6   Egipte A 4 2 0 2 5 6 –1 6
7   Gaboen C 3 1 1 1 4 3 +1 4
8   Zaïre C 3 1 0 2 2 3 –1 3
In die groepfase uitgeskakel
9   Kameroen A 3 1 1 1 5 7 –2 4
10   Liberië C 2 1 0 1 2 3 –1 3
11   Ivoorkus D 3 1 0 2 2 5 –3 3
12   Sierra Leone B 3 1 0 2 2 7 −5 3
13   Angola A 3 0 1 2 4 6 −2 1
14   Mosambiek D 3 0 1 2 1 4 –3 1
15   Burkina Faso B 3 0 0 3 3 9 −6 0

Meeste doele aangeteken

wysig

Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele
1   Kalusha Bwalya 5
2   John Moshoeu 4
  Mark Williams 4
4   Imed Ben Younes 3
  Ahmed El-Kass 3
  Dennis Lota 3

Verwysings

wysig
  1. (en) Mani Djazmi (3 Februarie 2022). "Africa Cup of Nations: South Africa's 1996 triumph and its role in post-apartheid change". BBC. Besoek op 29 Junie 2022.
  2. (en) "South Africa 1996 – Apartheid out". BBC. 6 Januarie 2010. Besoek op 29 Junie 2022.
  3. (en) "Nigerian players back boycott of finals". The Independent. 10 Januarie 1996. Besoek op 29 Junie 2022.

Eksterne skakels

wysig