1831
jaar
1831 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1826 | 1827 | 1828 | 1829 | 1830 | ◄ 1831 ► | 1832 | 1833 | 1834 | 1835 | 1836 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1831 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Hegel | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1831 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 31ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 2 Februarie – Pous Gregorius XVI volg Pous Pius VIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 6 Februarie – Pous Gregorius XVI word gekroon deur kardinaal Giuseppe Albani.
- 10 Maart – Die Franse Vreemdelegioen word deur koning Louis-Philippe gestig om die oorlog in Algerië te ondersteun.
- 30 September – Pous Gregorius XVI stel 12 nuwe kardinale aan, waaronder Luigi Lambruschini, C.R.S.P., titulêr aartsbiskop van Berito.
- 27 Desember – Charles Darwin verlaat Plymouth aan boord HMS Beagle op wat 'n geskiedkundige ekspedisie sou word.
- Die Ebenhaeser sendingstasie word deur baron Theobald von Wurmb van die Rynse Sendinggenootskap langs die Olifantsrivier gestig
Geboortes
wysig- 20 Januarie – Genl. Piet Joubert, Boerekryger († 1900).
- 14 April – Friedrich Gerhard Rohlfs, Duitse geograaf en avonturier († 1896).
- 5 Mei – Gezina Kruger, tweede vrou van pres. Paul Kruger († 1901).
- 15 Mei – Edward Harland, Britse ingenieur, skeepsbouer en politikus; medestigter van die skeepswerf Harland & Wolff te Belfast († 1895).
- 22 Augustus – Catharina van Rees, Nederlandse skryfster van die Volkslied van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1915).
- 18 Oktober – Friedrich III van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland († 1888).
- 19 November – James Garfield, die twintigste President van die Verenigde State († 1881).
- 27 November – Richard Wocke, die eerste argitek in die Oranje-Vrystaat († 1890).
Sterftes
wysig- 21 Januarie – Achim von Arnim, Duitse digter en skrywer, en belangrike verteenwoordiger van die Duitse Romantiek (* 1781).
- 3 Februarie – Giovanni Battista Balbis, Italiaanse plantkundige en politikus (* 1765).
- 18 Februarie – Lord Charles Somerset, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1767).
- 27 Junie – Groothertog Konstantyn Pawlowitsj van Rusland, tsesarewitsj van Rusland en onderkoning van Kongres-Pole (* 1779).
- 4 Julie – James Monroe, vyfde President van die Verenigde State (* 1758).
- 14 November – Georg Wilhelm Friedrich Hegel, 'n Duitse Filosoof (* 1770).
- 18 Desember – Willem Bilderdijk, Nederlandse geskiedkundige, digter en advokaat. (* 1756).