- 1205 – John Grey, die Biskop van Norwich, word verkies as die Aartsbiskop van Kantelberg.
- 1282 – Llywelyn ap Gruffudd, die laaste onafhanklike Prins van Wallis, sterf in 'n lokval naby Builth Wells.
- 1553 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-biskop van Ostia.
- 1780 – Pous Pius VI stel Paolo Francesco Antamori, verkose biskop van Orvieto, aan as kardinaal.
- 1792 – Koning Lodewyk XVI van Frankryk word verhoor vir verraad.
- 1816 – Indiana word die 19de deelstaat van die Verenigde State.
- 1843 – Stigting van die Spesiale Bondgenootskap van Katolieke Kantons (“Sonderbund”) binne die Switserse Bondgenootskap. Die Kantone binne nuwe bondgenootskap is: Luzern, Uri, Schwyz, Unterwalden, Zug, Freiburg en Wallis.
- 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Magersfontein vind plaas, een van die mees oortuigende Boere-oorwinnings in die vroeë fase van die Boere-oorlog.
- 1917 – Litaue verklaar sy onafhanklikheid van die Russiese Ryk.
- 1931 – Die Statuut van Westminster gee volkome wetlike onafhanklikheid aan Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Ierland en Newfoundland.
- 1936 – Edward VIII se abdikasie as koning van die Verenigde Koninkryk tree in werking.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Italië verklaar oorlog teen die Verenigde State.
- 1958 – Bo-Volta verklaar onafhanklikheid van Frankryk.
- 1972 – Die laaste bemande maansending Apollo 17 land op die Maan.
- 1981 – Javier Pérez de Cuéllar van Peru word die Sekretaris-Generaal van die VN.
- 1994 – Boris Jeltsin stuur Russiese soldate in Tsjetsjnië in.
- 2001 – Volksrepubliek China sluit hom aan by die Wêreldhandelsorganisasie.
- 2006 – Die Dwelmoorlog in Meksiko begin nadat president Felipe Calderón lede van die Meksikaanse polisie en weermag na die deelstaat Michoacán stuur.
- 1475 – Pous Leo X, die 217de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1513 tot 1521 († 1521).
- 1803 – Hector Berlioz, Franse komponis († 1869).
- 1843 – Robert Koch, bakterioloog en 1905 Nobelpryswenner († 1910).
- 1882 – Max Born, fisikus en 1954 Nobelpryswenner († 1970).
- 1911 – Naguib Mahfouz, Egiptiese skrywer, 1988 pryswenner: Nobelprys vir Letterkunde († 2006).
- 1918 – Aleksandr Solzhenitsyn, Russiese skrywer, 1970 Nobelpryswenner († 2008).
- 1925 – Paul Greengard, wetenskaplike, 2001 pryswenner: Nobelprys vir Fisiologie en Geneeskunde.
- 1937 – Adriaan Vlok, Suid-Afrikaanse politikus en oud-kabinetminister († 2023).
- 1954 – Susanne Beyers, Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer.
- 1969 – Viswanathan Anand, Indiese skaakspeler.
- 384 – Pous Damasus I, die 37ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 304).
- 711 – Justinianus II, keiser van die Bisantynse Ryk (* 668/9)
- 1241 – Ögedei Khan, tweede Groot Khan van die Mongoolse Ryk (* omstreeks 1186).
- 1282 – Michael VIII Palaiologos, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1223).
- 1953 – Albert Coates, Britse komponis (* 1882).
- 1920 – Olive Schreiner, Suid-Afrikaanse skrywer, pasifis, feminis en intellektuele (* 1855).
- 1981 – I.D. du Plessis, Afrikaanse skrywer en digter (* 1900).
- 2002 – Brad Dexter, Amerikaanse akteur (* 1917).
- 2021 – Anne Rice, Amerikaanse skryfster (* 1941).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met 11 Desember. |