Swartberge

'n beduidende bergreeks van die Wes-Kaap en Kaapse Plooigordel, Suid-Afrika

33°22′00″S 22°21′15″E / 33.36667°S 22.35417°O / -33.36667; 22.35417

Swartberg naby Oudtshoorn, nadat dit in Julie gekapok het.

Die Swartberg is deel van 'n bergreeks wat rogweg vanaf oos na wes langs die noordelike grens van die semi-droë gebied wat die Klein Karoo genoem word, voorkom. Noord van die reeks lê die ander semi-droë gebied in Suid-Afrika, die Groot Karoo.

Daar is heelwat passe deur die Swartbergreeks, die bekendste is heel moontlik die Swartbergpas wat te vinde is tussen Oudtshoorn in die suide en Prince Albert in die noorde. Die pas in nie geteer nie en kan ontoeganklik word as dit gereën het, maar dit bied asemrowende uitsigte oor die Klein Karoo en die Groot Karoo in die noorde. Die plantsoorte wat langs die pas voorkom is besonder interessant, siende dat honderde verskillende spesies in die Swartberg aangetref word. Die klipwerk wat van die pas se prentjiemooi haarnaald draaie ondersteun is ook fasineerend.

Oos van die Swartbergpas, verskaf die Meiringspoort geteerde toegang deur die Swartberg, al langs 'n rivier af. Die Meiringspoortpas strek noord tot in die dorpie De Rust. Dié pas bied skouspelagtige klipformasies al langs die roete. Daar vind ook jaarliks 'n halfmaraton wat in De Rust eindig, deur die pas plaas.

Baie van die Swartberg is deel van 'n UNESCO Wêrelderfenisterrein.

Die Gamkaskloof (ook bekend as 'Die Hel'), 'n geïsoleerde vallei omtrent 20 kilometer lank en 'n maksimum van 600 meter wyd is geleë in die Swartberge.

Die Twee Reekse

Die meeste van die Swartberg is oor die 2000 m hoog, wat dit die hoogste bergreeks in die Wes-Kaap maak. Dit is ook een van die langste bergreekse - dit strek sowat 230 km vanaf suid van Laingsburg in die weste, tot tussen Willowmore en Uniondale in die ooste.

Eintlik bestaan die Swartberg uit twee verskillende bergreekse, die Klein Swartberg en die Groot Swartberg. Ironies genoeg is die Klein Swartberg (die reeks wat meer wes geleë is) die hoër reeks uit die twee reekse. Die provinsie se hoogste piek, Seweweekspoortpiek, wat 2325 m hoog is, is ook deel van die Klein Swartbergreeks. Die bekende Towerkop toring bo die Klein Karoo dorpie van Ladismith uit met 'n hoogte van 2240 m. Die piek kry sy naam vanaf sy gespleete toppunt, wat, volgens legende, deur 'n towerspreuk en 'n daaropvolgende weerligstraal oopgekloof is. Seweweekspoort gaan deur die Klein Swartberg.

Die Groot Swartberg lê meer na die oostekant, die grens tussen die twee reekse is die kloof, wat reg deur die bergreeks loop, wat deur die Gouritzrivier veroorsaak word. Hierdie gedeelte van die reeks is byna net so hoog soos die Klein Swartberg, met die piek Tierberg (2132 m hoog) as die hoogste punt in die reeks. Hierdie berge is bevat ook die Kangogrotte, die bekendste grotte in Suid-Afrika, wat net buite Oudtshoorn geleë is.

Galery

Bronne

  • Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is vertaal van die Engelse Wikipedia-artikel "Swartberg".