Ford Mustang

Amerikaanse motorvoertuig vervaardig deur Ford
Weergawe deur VanBot (besprekings | bydraes) op 08:10, 10 Junie 2008 (robot Bygevoeg: uk:Форд Мустанг [r5545])

Die Ford Mustang is 'n gewilde motorkar wat oorspronklik gebaseer is op die Ford Falcon. Die eerste produksie Ford Mustang, 'n wit afslaankap met swart bekleedsel, het van die produksielyn afgerol op 9 Maart 1964 en was later aan die Amerikaanse publiek bekend gestel as 'n "1964 1/2"-model, beide op die New York World's Fair op 17 April 1964 en op al drie Amerikaanse televisienetwerke op 19 April van daardie jaar deur die Ford Motormaatskappy (Engels: Ford Motor Company). Dit was die suksesvolste produkbekendstelling in die geskiedenis van die motorkar, en het amper pandemonium veroorsaak by al die Ford-handelaars regoor Noord-Amerika.

1969 Ford Mustang

Toekennings

Dit is eers ontwikkel deur Ford se produksiebestuurder Lee Iacocca as 'n tweesitplekmotor en later as 'n viersitplekmotor en ontwerp deur David Ash en Joseph Oros in Ford se Lincoln-Mercury afdeling se ontwerp-ateljees (hulle het die ontwerpkompetisie gewen in ’n kompetisie georganiseer deur Iacocca). Die basismodel Mustang, met 78kW (105 perdekrag), 2.8l (170 duim&sup3) sessilinder-enjin en driespoedratkas se verkoopsprys was VS$2 368. Die Mustang het 'n aantal motorindustrietoekennings ontvang reeds in die eerste jaar, insluitende "Motor Trend Motor van die jaar", pasaangeemotor vir die 1964 Indianapolis 500 en die Tiffany ontwerptoekenning vir "uitstekende ontwerp," – die eerste motor wat so vereer is.

Verwysings

Hierdie artikel is 'n gedeeltelike vertaling van die Engelse Wikipedia artikel Ford Mustang.

Eksterne skakels