HDTV (High Definition Television) is 'n nuwe TV-standaard wat die hoogste kwaliteit kan bied. In teenstelling met die ou PAL-, NTSC- en SECAM-standaarde wat geskik is vir gewone beeldbuise tot by 72 cm, eis nuwe tegnologieë soos plasma en vloeikristalle wat vir groter skerms gebruik word meer beeldlyne en hoër resolusies.

Lêer:ComparacionSDTV HDTV.jpg
'n NTSC-televisieprogram in lae (Standard Definition TV/SDTV - links) en hoë resolusie (HDTV - regs)

HDTV bied teenswoordig 720 of 1080 beeldlyne. Op geskikte skerms maak skerper en meer plastiese beelde nou fynste details sigbaar.

Aanbieders

HDTV word reeds in die Verenigde State, Japan, Suid-Korea, Meksiko, Brasilië en Australië uitgesaai. In Europa, waar in 2004 slegs een Belgiese betaalkanaal (HD1) via die satelliet Astra opgevang kan word, sal HDTV vanaf 2005 ingevoer word. Vanaf 1 Junie 2005 word HD1 se programme ook in die nuwe MPEG-4-standaard uitgesaai.

Tydens die Consumer Electronics Show (CES) 2005 in Las Vegas is 'n verskeidenheid nuwe HDTV-toerusting vir TV-ateljees en verbruikers bekend gestel, en die statistieke gegewens oor die verspreiding van die tegnologie is bemoedigend. In die Verenigde State het die aantal TV-kanale wat HDTV-programme uitsaai in 2004 tot 1 000 gestyg; die TV-netwerk CBS bied sy aandprogram tussen 8 en 11 uur nm gereeld in hoë resolusie aan, en ook kabel-TV-aanbieders soos HBO en Discovery saai 'n aansienlike gedeelte van hul programme in HDTV uit. DirecTV het aan die einde van die jaar 39 satellietkanale in HDTV-kwaliteit in bedryf.

In Europa het 'n aantal satelliet- en kabeltelevisiestasies begin om programme in hoë resolusie te beeldsaai. Ook die spele van die Sokker-Wêreldkampioenskap, wat 2006 in Duitsland plaasgevind het, is in hoë resolusie aangebied.

Die eerste HDTV-kanaal in Suid-Afrika sal volgens die maatskappy Sentech in 2010 beskikbaar wees.[1]

HDTV-resolusies

Formaat Resolusie: Pixels/Lyne Aftasting Beelde per sekonde Beelde verskyn as Aspekverhouding
720p 50 1280 x 720 Progressief 50 Volbeelde 16:9
720p 60 1280 x 720 Progressief 60 Volbeelde 16:9
1080i 25 1920 x 1080 Interlaced 50 Halfbeelde 16:9
1080i 30 1920 x 1080 Interlaced 60 Halfbeelde 16:9

Internasionale standaard-resolusies

 
Standaard-resolusies

Eksterne skakel

Verwysings