Datavleg (Internet)

Weergawe deur Sobaka (besprekings | bydraes) op 18:57, 1 Mei 2007 (Kategorie)

Datavleg (Engels: mashup) is 'n webwerf waarin dié inhoud daarvan geskep word deur die intergrasie van inligting vanuit meer as een bron. Die resultaat verteenwoordig 'n nuwe en inoverende webgebaseerdediens.

Oorsig

'n Datavleg toepassing is 'n voorbeeld van die toekomstige Web 2.0 wat deur sommige waarnemers beskou word as 'n voorbeeld van die rigting waarin die internet gaan ontwikkel in die toekoms. Dit is ook 'n voorbeeld van interaktiewe webtoepassings wat gebasseer is op inhoud van eksterne datavelde om totaal nuwe dienste te skep.

Hierdie tipe dienste is besig om 'n toenemend gewilde fenomeen in die internet te word. Datavleg se populariteit word toegeskryf aan interaktiewe gebruiker deelname en die unieke samevoeging van derde party data.

'n Rigiede beskrywing en definisie van datavleg is nie op hierdie stadium moontlik nie aangesien dit 'n dinamiese en vinnig ontwikkelende veld verteenwoordig. Die oorsprong van die term in Engels (mashup) gee ook insig in die agtergrond van dié term. Dit word geleen van pop-musiek waar 'n mashup beskou word as 'n nuwe liedjie wat geskep word deur die vermenging van vokale en instrumentele snitte van twee verskillende liedjies (gewoonlik ook van verskillende musiekgenres). Soos die vervlegte liedjies word datavleg daargestel deur die inoverende samestelling van inhoud (gewoonlik van nie verwante data), saamgestel vir menslike (eerder as rekenaar) verbruik.

Datavleg genres

Kaart datavleg

Bemagtig deur informasie tegnologie is mense besig om groot hoeveelhede data te versamel wat verbind kan word met spesifieke plekke. Sodanige diverse data kan grafies op kaarte voorgestel word. Een van die grootste kataliste vir datavleg was Google se bekendstelling van Google Maps API. Dit het dit vir webontwikkelaars (insluitende stokpertjie beoefenaars)moontlik gemaak om alle tipes data (enigiets van kernongelukke tot Boston se CowParade koeie) op kaarte voort te stel. Dit is gevolg deur bekendstelling van APIs deur Microsoft (Virtual Earth), Yahoo (Yahoo Maps), en AOL (MapQuest).

Video en foto datavleg

Die ontstaan van fotogasheer en sosialenetwerk webwerwe soos Flickr met APIs wat die deel van foto’s moontlik maak, het tot 'n verskeidenheid van datavleg toepassings gelei. Aangesien inhoudverskaffers metadata assosieer met die beelde (soos wie die foto geneem het, waar en wanneer dit geneem is en so meer) kan ontwerpers foto’s vervleg met ander informasie wat verbind kan word met die metadata. 'n Datavlegtoepassing mag byvoorbeeld die lirieke van 'n liedjie of gedig analiseer en 'n mosaïek of collage van relevante foto's skep of 'n sosiale netwerk vertoon gebaseer op 'n foto se metadata (soos voorwep, datumstempel, en ander metadata). Nog 'n voorbeeld kan wees indien inset van 'n webwerf (soos 'n nuus webwerf, soos CNN) geneem word en die teks in foto's omgeskakel word deur metedata van foto’s te vergelyk met woorde gebruik in die nuus.

Soek en koop datavleg

Soek en koop datavlegtoepassings bestaan reeds voor die term datavleg (mashup) geskep is. Voor die bestaan van Web API's het vergelykende aankoop instrumente soos BizRate, PriceGrabber, MySimon, en Google's Froogle gebruik gemaak van besigheid tot besigheid (b2b) tegnologië of skermskraaptegnologie om vergelykende prysdata weer te gee. Ten einde soek en koop datavleg te fasiliteer het verbruikerswebwerwe soos eBay en Amazon hul API's vrygestel sodat inhoud makliker in sulke programmering benut kan word.

Nuus datavleg

Nuus voorsieners (soos die New York Times, BBC, of Reuters) gebruik sindikasie tegnologie soos RSS en Atom sedert 2002 om nuusverspreidingtoevoere oor verskeie onderwerpe daar te stel. Gesindikeerde toevoer datavlegdienste stel gebruikers instaat om verpersoonlike "koerante" te skep wat die gebruiker se spesifieke behoeftes aanspreek. 'n Voorbeeld is Diggdot.us wat toevoere kombineer van tegnologie georienteerde nuus bronne Digg.com, Slashdot.org, en del.icio.us