1848
jaar
1848 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1843 | 1844 | 1845 | 1846 | 1847 | ◄ 1848 ► | 1849 | 1850 | 1851 | 1852 | 1853 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1848 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1848 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 48ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
- 2 Februarie – Die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog eindig met die ondertekening van die Verdrag van Guadalupe Hidalgo wat aan die VSA die Meksikaanse Oordrag toeken.
- 3 Februarie – Harry Smith annekseer die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier.
- 8 April – Andries Pretorius vaardig sy "Een Algemene Oproeping" uit waarin die Voortrekkers opgeroep word tot gewapende stryd teen die Britse owerheid.
- 29 Mei – Wisconsin word die 30ste deelstaat van die Verenigde State.
- 20 Junie – Andries Pretorius word as Kommandant-generaal verkies.
- 12 Julie – Andries Pretorius gaan Winburg binne met 'n groot gewapende mag.
- 22 Julie – Harry Smith verklaar Andries Pretorius tot rebel.
- 29 Augustus – Die Slag van Boomplaats vind plaas.
- 3 November – 'n Veranderde Hollandse grondwet word geproklameer. Die koninklike mag word beperk.
- 24 November – Pous Pius IX vlug uit Rome na Gaeta.
- Die Kongres van Wene erken die onafhanklikheid van Switserland en waarborg sy neutraliteit.
Geboortes
- 18 Julie – W.G. Grace, 'n Engelse mediese doktor en krieketspeler († 1915).
- 7 November – B.B. Comer, Amerikaanse planter, entrepreneur en Demokratiese politikus († 1927).
Sterftes
- 23 Februarie – John Quincy Adams, die 6de President van die Verenigde State (* 1767).
- 4 Julie – François-René de Chateaubriand, Franse skrywer, politikus, diplomaat en geskiedkundige (* 1768).
- 12 Augustus – George Stephenson, het die eerste stoomlokomotief, Rocket, gebou.
- 19 Desember – Emily Brontë, 'n Engelse skrywer en outeur van die roman Wuthering Heights (* 1818).