Liter

maateenheid vir volume
Weergawe deur Martinvl (besprekings | bydraes) op 05:43, 11 Julie 2014 (Geskiedenis van 1795-9)

Die liter is 'n maateenheid wat gelyk is aan 1 dm3 (een kubieke desimeter, waar een desimeter gelyk is aan 10 cm). Dit is ook gelyk aan 1 000 cm3 of 10-3 m3. Die liter is 'n eenheid wat in die Internasionale Stelsel van Eenhede gebruik word. Die naam "liter" is afgelei van die pre-Rewolusionêre Franse eenheid, die litron. In 1793 was die liter deur die Franse Rewolusionêre regeering as 1 000 cm3 gedefineer. Terselvde tyd is die kilogram gedefineer also die gewig van 1 000 cm3 by die vriespunt van ys.[1] In 1799 was die Kilogramme des Archives vervaardig. Dit was gebaseer op 1 000 cm3 water by sy grootste digheid, dit wil sê 4 °C.[2]

Die CGPM beveel aan dat die naam "liter" nie gebruik word om die resultate van hoë-akkuraatheid volumemates aan te gee nie. Een rede vir hierdie besluit is dat enige SI-eenhede se name 'n een-tot-een ooreenkoms moet hê met die gelykstaande dimensies wat wat in terme van die SI-basiseenhede uitgedruk word; i.e. 'n SI-naam vir 'n eenheid van volume sou na die kubieke meter moes verwys. Uniek in die SI is die liter twee simbole toegeken: die kleinletter asook die hoofletter Romeinse letter L — d.i. "l" en "L". Die kleinletter word algemeen gebruik, tensy daar 'n risiko bestaan dat dit met die numeriese "1" verwar sou kon word.

Die liter is in die verlede anders gedefinieer. In 1901 het die Derde Conférence Générale des Poids et Mesures (CGPM; Frans, "Algemene Konferensie oor Gewigte en Mates") dit vasgestel as die volume wat deur 1 kg suiwer water beslaan word teen die temperatuur by die stof se maksimum digtheid (ongeveer 4 °C) en by een atmosferiese druk. Die huidige definisie, wat uiteindelik op die definisie van die meter gebaseer is, is in 1964 aanvaar. Die liter soos dit vroeër gedefinieer is, sou dieselfde volume as 1,000028 hedendaagse liters opneem. Moderne metroloë skryf die verskil toe aan die foutiewe gebruik van 'n kilogramstandaard wat ongeveer 28 mg swaarder was as die internasionale kilogramprototipe.

Bronne

  • "Litre", Microsoft(R) Encarta(R) 99-Ensiklopedie. (c) 1993-1998 Microsoft-korporasie. Alle regte voorbehou.

Verwysings

  1. "Décret relatif aux poids et aux mesures. 18 germinal an 3 (7 avril 1795)". Le systeme metrique decimal (in Frans). Association Métrodiff. Besoek op 7 Februarie 2011. {{cite web}}: Onbekende parameter |trans_title= geïgnoreer (hulp)
  2. History of the kilogram