Swartberge: Verskil tussen weergawes

Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
rooi saadjies
No edit summary
Lyn 1:
{{Koördinate|33|22|00|S|22|21|15|O|aansig=titel|streek:ZA}}
[[Lêer:Swartberg.jpg|duimnael|Swartberge naby [[Oudtshoorn]], nadat dit in Julie kapok het.]]
Die '''Swartberge''' is 'n lang [[berg]]reeks wat deel uitmaak van die [[Kaapse Plooigordel]]. Dit loop oorwegend van oos na wes, en vorm die noordgrens van die halfdroë gebied bekend as die [[Klein-Karoo]]. Noord van die reeks lê etlike kleiner plooiings van die Plooigordel – die [[Elandsberg]], Rooirant, [[Aasvoëlberg]], [[Gamkasberg]] ensomeer – wat die suidgrens vorm van 'n ander semi-droë gebied, die [[Koup]] van die suidwestelike [[Karoo|Groot-Karoo]]. Die gedeelte wes van Die Poort in die [[Gouritsrivier]], insluitend die [[Seweweekspoort]], staan as die '''Klein-Swartberge''' bekend, terwyl die langer deel oos van die GouritzrivierGouritsrivier as die '''Groot-Swartberge''' bekend staan. Daar is etlike kleiner berge en heuwels in Suid-Afrika, veral in die Kaapprovinsies, wat as "Swartberg" bekend staan.
 
==Passe en deurgange==
[[Lêer:RoadThroughMeiringspoort.jpg|duimnael|Pad deur [[Meiringspoort]]]]
Daar is heelwat passe deur die SwartbergereeksSwartbergreeks, en die bekendste is besmoontlik die [[Swartbergpas]]. Dit is geleë tussen [[Oudtshoorn]] in die suide en [[Prins Albert]] in die noorde. Die pas is nie geteer nie en kan ontoeganklik word as dit ge[[reën]] het, maar dit bied asemrowende uitsigte oor die Klein-Karoo suidwaarts en die Koup na die noorde. Die plantsoorte wat langs die pas voorkom is besonder interessant, siende dat honderde verskillende [[spesie]]s hier gedy. Die klipwerk wat enige van die pas se prentjiemooi haarnaalddraaie ondersteun is ook fassinerend.
 
Oos van die Swartbergpas, verskaf die [[Meiringspoort]] geteerde toegang deur die Swartberge, al langs 'n [[rivier]] af. Die Meiringspoortpas strek noord tot in die dorpie [[De Rust]]. Dié pas bied skouspelagtige klipformasies al langs die roete. Daar vind ook jaarliks 'n halfmaraton oor die pas plaas, wat in De Rust eindig.