Woordspeling: Verskil tussen weergawes

Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Rescuing 1 sources and tagging 1 as dead.) #IABot (v2.0.8
Rescuing 1 sources and tagging 0 as dead.) #IABot (v2.0.9.5
 
(Een wysiging tussenin deur een ander gebruiker nie gewys nie)
Lyn 17:
'n Saamgestelde woordspeling is 'n stelling wat twee of meer woordspelings bevat. 'n Ingewikkelde stelling van Richard Whately sluit byvoorbeeld vier woordspelings in: "Why can a man never starve in the [[Sahara|Great Desert]]? Because he can eat the sand which is there. But what brought the sandwiches there? Why, Noah sent Ham, and his descendants mustered and bred."<ref>Tartakovsky, Joseph (28 Maart 2009).</ref> Hierdie woordspeling gebruik ''sand which is there/sandwiches there'', ''Ham/ham'', ''mustered/mustard'' en ''bred/bread''. Net so koppel die frase "piano is not my forte" twee betekenisse van die woorde ''forte'' en ''piano'', een vir die dinamiek-tekens in musiek en die tweede vir die letterlike betekenis van die sin. Saamgestelde woordspelings kan ook twee frases wat 'n woord deel saamvoeg. Byvoorbeeld, "Where do [[Wiskundige|mathematicians]] go on weekends? To a Möbius strip club!" maak 'n woordspeling op ''Möbius strip'' en ''strip club''.
[[Lêer:148FS USAF emblem.png|duimnael|148ste Vegtereskader se embleem, 'n visuele woordspeling.]]
'n Rekursiewe woordspeling is een waar die tweede aspek van 'n woordspeling berus op die begrip van 'n element in die eerste een. Byvoorbeeld, die stelling "[[Pi|π]] is only half a pie." (π-boë is 180 [[Graad (meetkunde)|grade]], of 'n halwe sirkel, en 'n "pie" is 'n volledige [[sirkel]]). Nog 'n voorbeeld is "Infinity is not in finity", wat beteken "infinity" is nie in 'n "[[Eindige versameling|finite]]"-reeks. Nog 'n voorbeeld is "a Freudian slip is when you say one thing but mean your mother."<ref name=":0">[http://www.tnellen.com/cybereng/lit_terms/puns.html "PUNS"].</ref> Laastens is daar "[[Immanuel Kant|Immanuel]] doesn't pun, he Kant" deur [[Oscar Wilde]].{{feit}}<ref name=":0" /> 
 
Visuele woordspelings word soms gebruik in logos, embleme, insignia en ander grafiese simbole, waarin een of meer van die aspoekte van die woordspeling vervang word in die prent. In Europese heraldiek word hierdie tegniek "canting arms" genoem. Visuele en ander woordspelings kom ook algemeen voor in Nederlandse gewelstene, asook in party spotprente, soos in ''Lost Consonants'' en ''The Far Side''. Nog 'n soort visuele woordspeling kom voor in tale wat nie-fonetiese skrif gebruik. In Chinees kan 'n woordspeling gegrond wees op geskrewe karakters met 'n eenderse vorm, al is daar geen fonetiese ooreenkoms tussen die woorde waarmee die woordspeling gemaak word nie. <ref>Attardo, Salvatore.</ref> Mark Elvin beskryf hoe hierdie "eienaardige Chinese vorm van visuele woordspeling behels dat geskrewe karakters met objekte vergelyk word".<ref>Mark Elvin [https://books.google.com/books?id=o-dQeGeuQNAC&pg=PA113&lpg=PA113&dq= "The Spectrum of Accessibility : Types of Humor in ''The Destinies of the Flowers in the Mirror''"], bl. 113.</ref>
Lyn 34:
Woordspelings word dikwels gebruik in die titels van komiese parodieë. 'n Parodie van 'n populêre liedjie, fliek, ens, kan 'n titel kry wat skimp op die titel van die werk waarvan die parodie gemaak word, deur van die woorde te vervang met ander wat eenders lyk of klink. Universiteite se a cappella-groepe kry dikwels hul name na aanleiding van musikale woordspelings om aanhangers te lok met pogings tot humor. So 'n titel kan onmiddellik kommunikeer dat dit wat volg 'n parodie is en ook wat die werk is waarvan die parodie gemaak is, wat 'n inleidende verduideliking oorbodig maak.
 
In 2014 is die eerste Britse Woordspelingkampioenskap gehou by die Leicester-komediefees, aangebied deur Lee Nelson. Die wenner was Darren Walsh. Die kompetisie het die reël "My computer's got a Miley Virus. It's stopped twerking" ingesluit.<ref>Mercury, Leicester (14 Februarie 2014).</ref> Walsh het daarna deelgeneem aan die O. Henry-Woordspelingkampioenskap in [[Austin, Texas]].<ref>[http://www.comedy-festival.co.uk/newact/index.phpnewact.php?nav_id=96&level=1 "Dave's Leicester Comedy Festival"] {{Webarchive|url=https://web.archive.org/web/20160425231909/http://www.comedy-festival.co.uk/newact/index.phpnewact.php?nav_id=96&level=1 |date=25 April 2016 }}.</ref> In 2015 was Leo Kearse die Britse woordspelingkampioen.<ref>[http://www.leokearse.co.uk/ "Leo Kearse"].</ref>
 
=== Letterkunde ===
Lyn 59:
Die name van fiksiekarakters bevat ook dikwels woordspelings, soos Ash Ketchum en Goku ("Kakarrot"), die protagoniste van onderskeidelik die videospeletjiereeks ''[[Pokémon]]'' en die [[manga]]-reeks ''[[Dragon Ball]]'', waarvan albei franchises daarvoor bekend is dat die name van baie van hul karakters 'n tweede betekenis het. 'n Herhalende motief in die ''Austin Powers-''flieks is dat baie van die name woordspelings is wat na manlike geslagsdele verwys. In die wetenskapfiksietelevisiereeks ''[[Star Trek]]'' word "B-4" gebruik as een van vier androïd-modelle wat "voor" die androïde Data, 'n hoofkarakter, gemaak is.
 
Die paralelle vervolg ''The Lion King 1½'' is bemark met die uitdrukking: "You haven't seen the 1/2 of it!". Wyborowa Vodka gebruik die slagspreuk "Enjoyed for centuries straight", terwyl Northern Telecom "Technology the world calls on" gebruik.<ref name="Adslogans">[http://www.adslogans.co.uk/ans/creslo01.html "The Art and Science of the Advertising Slogan"].</ref>
 
Op 1 Junie 2015 het die BBC Radio 4-program ''You and Yours'' 'n insetsel gehad met die titel "Puntastic Shop Titles". Die inskrywings het 'n Chinese wegneemeteplek in die dorpie Ayr gehad met die naam  "[[Uluru|Ayr’s Wok]]", 'n kebabwinkel in Ierland genaamd "Abra Kebabra" en 'n boomkundige in Dudley met die naam "Special Branch." Die weninskrywing van die kompetisie, wat deur Lee Nelson gekies is, was 'n droogskoonmaker in Fulham en Chelsea met die naam "Starchy and Starchy".<ref>[http://www.bbc.co.uk/programmes/b05wq1bq "Financial Abuse, Ikea Complaints, Damart Marketing, You and Yours – BBC Radio 4"].</ref>