Datavleg (Internet): Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
Alias (besprekings | bydraes)
k woordkeuse
Uitleg van bronteks
 
(Een wysiging tussenin deur dieselfde gebruiker nie gewys nie)
Lyn 11:
== Datavleggenres ==
 
=== Kaartdatavleg ===
 
Bemagtig deur inligtingstegnologie is mense besig om groot hoeveelhede data te versamel wat verbind kan word met spesifieke plekke. Sodanige diverse data kan grafies op kaarte voorgestel word. Een van die grootste kataliste vir datavleg was [[Google]] se bekendstelling van Google Maps-programmeerkoppelvlak (API). Dit het dit vir webontwikkelaars (insluitende stokperdjie beoefenaars) moontlik gemaak om alle tipes data (enigiets van kernongelukke tot [[Boston]] se CowParade-koeie) op kaarte voort te stel. Dit is gevolg deur bekendstelling van koppelvlakke deur Microsoft (Virtual Earth), Yahoo (Yahoo Maps), en AOL (MapQuest).
 
=== Video- en fotodatavleg ===
 
Die ontstaan van webwerwe wat foto's en sosiale netwerke huisves soos Flickr met koppelvlakke wat die deel van foto’s moontlik maak, het tot 'n verskeidenheid van datavlegtoepassings gelei. Aangesien inhoudverskaffers metadata assosieer met die beelde (soos wie die foto geneem het, waar en wanneer dit geneem is en so meer) kan ontwerpers foto’s vervleg met ander inligting wat verbind kan word met die metadata. 'n Datavlegtoepassing mag byvoorbeeld die lirieke van 'n liedjie of gedig analiseer en 'n mosaïek of collage van relevante foto's skep of 'n sosiale netwerk vertoon gebaseer op 'n foto se metadata (soos voorwerp, datumstempel, en ander metadata). Nog 'n voorbeeld kan wees indien inset van 'n webwerf (soos 'n nuus webwerf, soos CNN) geneem word en die teks in foto's omgeskakel word deur metedata van foto’s te vergelyk met woorde gebruik in die nuus.
 
=== Soek-en-koop-datavleg ===
 
Soek en koop datavlegtoepassings bestaan reeds voor die term datavleg (''mashup'') geskep is. Voor die bestaan van Web-koppelvlakke het vergelykende aankoop instrumente soos BizRate, PriceGrabber, MySimon, en Google's Froogle gebruik gemaak van besigheid tot besigheid (b2b) tegnologië of skermskraaptegnologie om vergelykende prysdata weer te gee. Ten einde soek-en-koop-datavleg te fasiliteer het verbruikerswebwerwe soos [[eBay]] en Amazon hul API's vrygestel sodat inhoud makliker in sulke programmering benut kan word.
 
=== Nuusdatavleg ===
 
Nuusvoorsieners (soos die New York Times, BBC, of Reuters) gebruik sindikasietegnologie soos RSS en Atom sedert [[2002]] om nuusverspreidingtoevoere oor verskeie onderwerpe daar te stel. Gesindikeerde toevoer datavlegdienste stel gebruikers in staat om verpersoonlikte "koerante" te skep wat die gebruiker se spesifieke behoeftes aanspreek. 'n Voorbeeld is Diggdot.us wat toevoere kombineer van tegnologie georiënteerde nuusbronne Digg.com, Slashdot.org, en [[del.icio.us]].
 
 
[[Kategorie:Webwerwe]]