’n Kolgans-lyntekening deur Minette van Rooyen vir O.P.M. Prozesky se boek Uit die Natuur – Ons Voëls.
’n Moderne model van die “Kersgans”.
Toetankamen se “Kersgans”.
Elmer Crowell – die beste kerwer ooit.
((Bron: Wikipedia. Foto: Internet))“Ma! Ek het dit gesien! Ek het die kol gesien!”
My pa het ’n voëlgids huis toe gebring – een met kleursketse van al die voëls. Dit was G.W. Broekhuysen se 1966-veldgids Die Voëls Rondom Ons. Ek het die nuwe boek verflenterd deurgewerk. My eerste ou voëlboek, O.P.M. Prozesky se Uit die Natuur – Ons Voëls, het nie kleur ingehad nie. Minette van Rooyen se pragtige lyntekeninge was eerder kuns as illustratief, maar tog genoeg om my belangstelling te prikkel. Dit was alles te danke aan my pa – ons het met boeke grootgeword. Boeke oor skoenlappers, slange, bome en blomme. En toe buur-man Henk onlangs vir my ’n kopie van ons verlore boek ook gee, het my beker oorgeloop.
Dit was lank terug. Ek was in standerd 6; in mý tyd het die grade by 2 opgehou. Kolganse was toe skaarser, só glo ek al-tans, en dit was die wonderbaarlikste ontdekking dat ’n kolgans waarlik ’n “kol” voor op sy bors het.