Gaan na inhoud

Ukelele

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Ukelele
Drie ukelele's

Ukelele (of ukulele) is 'n klein kitaaragtige musiekinstrument met vier snare wat gewoonlik met 'n plektrum getokkel word. Ukelele's word gewoonlik met nylon of derm gesnaar. Die snare word meestal G, C, E, A of A, D, F#, B gestem.

Ukelele's het in die 19de eeu in Hawaii ontstaan. Dit is gebaseer op 'n klein kitaaragtige instrument, bekend as die cavaquinhos, wat deur Portugese matrose na dié eilandgroep gebring is.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]