Thaba Nchu
Thaba Nchu | |
---|---|
'n Uitsig oor Thaba Nchu | |
Koördinate: 29°12′0″S 26°50′0″O / 29.20000°S 26.83333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Munisipaliteit | Mangaung |
Stigting | 1873 |
Oppervlak | |
• Totaal | 36,39 km2 (14,05 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 70 118 |
• Digtheid | 1 927/km2 (4 990/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 0.4% |
• Swart mense | 98.9% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 46.8% |
• Tswana | 40.1% |
• Engels | 3.9% |
• Xhosa | 3.8% |
• Ander | 5.5% |
Poskode (strate) | 9780 |
Poskode (posbusse) | 9780 |
Skakelkode | 051 |
Thaba Nchu is 'n dorpie in die Vrystaat, Suid-Afrika. Die N8 nasionale pad gaan deur Thaba Nchu.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die area was die vesting van die Barolongstam onder hul hoofman, Moroka, wat hulle in die 1830's hier gevestig het na die stamoorloë met die Matebeles onder leiding van Silkaats. 'n Sendingstasie is hier in 1833 geopen deur die Wesleyaanse sendeling, eerwaarde James Archbell. Aangesien die dorp op die hoofroete van die Groot Trek vanaf die oostelike Kaapkolonie was, en omrede hoofman Moroka die Voortrekkers goedgesind was, het die Voortrekkers hier uitgespan. Die dorp is in 1873 gestig en was deel van Bophuthatswana, een van die voormalige tuislande.
Omgewing
[wysig | wysig bron]Die dorp lê in die nasionale park Maria Moroka. Die park sluit die grootse gedeelte van die berg Thaba Nchu in en die Groothoekdam is ook in die park.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Thaba Nchu". Sensus 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Thaba Nchu.