Suid-Soedan
| |||||
Nasionale leuse: Justice, Liberty, Prosperity (Engels vir: "Geregtigheid, Vryheid, Voorspoed") | |||||
Volkslied: South Sudan Oyee! | |||||
Hoofstad | Joeba | ||||
Grootste stad | Joeba | ||||
Amptelike tale | Engels[1][2] en Swahili[3][4] | ||||
Regering | Federale presidensiële grondwetlike republiek[5] Salva Kiir Mayardit James Wani Igga Taban Deng Gai | ||||
Onafhanklikheid • Ontbinding van die
Anglo-Egiptiese Soedan • Omvattende vredesooreenkoms • Outonomie • Onafhanklikheid en grondwet |
van Soedan 31 Desember 1955 6 Januarie 2005 9 Julie 2005 9 Julie 2011 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
619 745 km2 (41ste) 239 285 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2016-skatting - 2008-sensus - Digtheid |
12 230 730[6] (94ste) 8 260 490[7] (omstrede) 13,33 / km2 (214de) 34,52 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
MOI (2018) | 0,413[9] (186ste) – laag | ||||
Gini (2009) | 46,3[10] – medium | ||||
Geldeenheid | Pond (SSP )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
OAT (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .ss[11]a | ||||
Skakelkode | +211[12] | ||||
a. Geregistreer, maar nog nie in werking nie. |
Suid-Soedan (Engels: South Sudan; Swahili: Sudan Kusini), amptelik die Republiek Suid-Soedan (Engels: Republic of South Sudan; Swahili: Jamhuri ya Sudan Kusini), is 'n landingeslote land in Oos-Afrika en grens aan Soedan in die noorde, Ethiopië in die ooste, Kenia, Uganda en die Demokratiese Republiek van die Kongo in die suide en die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die weste. Die hoofstad en grootste stad is Joeba, hoewel die regering 'n nuwe hoofstad beplan. Suid-Soedan het 'n bevolking van 8 260 490 in 2008 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 619 745 km².
Suid-Soedan het op 9 Julie 2011 as gevolg van 'n positiewe referendum sy onafhanklikheid van Soedan verklaar en is sedertdien die wêreld se jongste onafhanklike land. Kort daarna het egter nuwe etniese geweld uitgebreek wat in 2013 tot 'n burgeroorlog ontwikkel het. Suid-Soedan word algemeen as 'n mislukte staat beskou.[13] Die Suid-Soedanese regering is tans op soek vir 'n nuwe stad wat as hoofstad kan dien, waarvan Ramciel die gunsteling is.[14] Dit word egter deur die voortdurende Suid-Soedanese burgeroorlog bemoeilik.
Geografie
[wysig | wysig bron]Suid-Soedan se geografie word veral deur die Wit Nyl wat dié land van suid na noord deurvloei en saam met die Blou Nyl een die Nylrivier se twee hooftakke vorm. Die hoofstad Joeba is weerskante die Wit Nyl geleë en noord van dié stad begin die Wit Nyl die Sudd vorm, een van die wêreld se grootste vleilande en die grootste binnedelta in Afrika.[15]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Tussen 1972 en 1983 en van 2005 tot 2011 was Suid-Soedan 'n outonome gebied in Soedan. Daar was twee burgeroorloë tussen Noord- en Suid-Soedan: Die eerste Soedannese burgeroorlog vanaf 1955 tot 1972 en die tweede Soedannese burgeroorlog vanaf 1983 tot 2005. Die konflik is die oudste in die geskiedenis van Afrika.[16] Tussen 9 Januarie en 15 Januarie 2011 is 'n referendum om die onafhanklikheid van Suid-Soedan gehou,[17] waarin 99 persent van die stemgeregtigdes vir die onafhanklikheid van Suid-Soedan gestem het.[18] Op 9 Julie 2011 het Suid-Soedan die 54ste onafhanklike land van Afrika geword[19] en sedert 14 Julie 2011 is Suid-Soedan die 193ste lidland van die Verenigde Nasies.[20] Op 27 Julie 2011 het Suid-Soedan as 54ste lidstaat by die Afrika-unie aangesluit.[21] Daarbenewens is Suid-Soedan 'n kandidaatland van beide die Arabiese Liga[22] en die Britse Statebond.[23]
Demografie
[wysig | wysig bron]Suid-Soedan het 'n diverse bevolking met baie etniese groepe en taalfamilies. Volgens die Verenigde Nasies se 2016-skatting het die land 'n bevolking van sowat 12 miljoen gehad. Die hoofstad en grootste stad is Joeba weerskante die Wit Nyl, gevolg deur Wau. Ander nedersettings sluit in Rokon en Yei.
Etniese groepe
[wysig | wysig bron]Volgens die 2011-skatting bly sowat 4,6 miljoen Dinka in Suid-Soedan, amper 35,8% van die totale bevolking en die grootste etniese groep in dié land. Die naasgrootste etniese groep is die Nuer met sowat 3 miljoen of 15,6% van die bevolking.[24]
Tale
[wysig | wysig bron]Suid-Soedan se amptelike taal is Engels, hoewel die 60 inheemse tale amptelike erkenning geniet.[25] Van die tale in Suid-Soedan is veral Nilo-Sahariese tale wat verder in verskeie takke verdeel word. Die belangrikste taal is Dinka wat deur amper 1,4 miljoen mense gebesig word, gevolg deur die nou verwante Nuer met byna 900 000 moedertaalsprekers.
Arabies was voorheen 'n amptelike taal in Suid-Soedan, maar is deur die regering geskrap. Suid-Soedan se Arabiese dialek staan bekend as Joeba-Arabies en is 'n lingua franca in dié land.
Die Suid-Soedanese regering het van Swahili die tweede amptelike taal, ná Engels, gemaak om sy betrekkinge met die Oos-Afrikaanse lande, waar Swahili 'n amptelike taal is, te verdiep. Suid-Soedan het Tanzaniese onderwysers genooi om Swahili-lesse in Suid-Soedanese skole aan te bied.[3][4]
Godsdiens
[wysig | wysig bron]Die meeste Suid-Soedanese is Christene (60,5%), veral Rooms-Katolieke, gevolg deur Tradisionele Afrika-godsdienste (32,9%), Moslems (6,2%) en ander (0,4%).[26]
Deelstate
[wysig | wysig bron]Deelstate vanaf 2011 tot 2015
[wysig | wysig bron]Met onafhanklikheidswording in 2011 het Suid-Soedan tot in 2015 uit tien deelstate bestaan:
Arabiese Naam | Engelse Naam | Bevolking (2006) |
Hoofstad |
---|---|---|---|
A'ali an-Nil | Upper Nile | 1 212 979 | Malakal |
al-Buhairat | Lakes | 567 329 | Rumbik |
al-Istiwa'iyya al-wusta | Central Equatoria | 334 827 | Joeba |
Al-Wahda | Unity / Western Upper Nile | 262 787 | Bentiu |
Dschunqali | Jungali | 1 189 330 | Bur |
Gharb al-Istiwa'iyya | West Equatoria | 1 731 341 | Yambio |
Gharb Bahr al-Ghazal | West Bahr-al-Ghazal | 1 467 870 | Waw |
Schamal Bahr al-Ghazal | North Bahr-al-Ghazal | 826 646 | Uwail |
Scharq al-Istiwa'iyya | East Equatoria | 225 872 | Kapoita |
Warab | Warap | 999 785 | Warab |
Deelstate vanaf 2015 tot 2020
[wysig | wysig bron]In 2015 is 28 nuwe deelstate gestig en in 2017 is vier deelstate nuutgestig, waarna Suid-Soedan uit 32 deelstate bestaan het. Uit Eastern Nile is in 2017 die nuwe deelstate Northern Upper Nile met die hoofstad Renk en Central Upper Nile met die hoofstad Malakal afgestig. Dele van Latjoor is as Maiwut met die hoofstad Maiwut afgestig en van Gbudwe is die deelstaat Tumbura met die hoofstad Tumbura afgestig.
Naam | Hoofstad | Distrikte |
---|---|---|
Imatong | Torit | Torit, Ikotos, Lopa, Magwi |
Namorunyang | Kapoeta | Kapoeta South, Kapoeta North, Kapoeta East, Budi |
Maridi | Maridi | Maridi, Ibba |
Aamadi | Mundri | Mundri West, Mundri East, Mvolo |
Gbudwe | Yambio | Anzara, Yambio, Ezo, Tambura, Nagero |
Jubek | Juba | Juba |
Terekeka | Terekeka | Terekeka, Jemeza, Tali, Tigor, Gwor |
Yei River | Yei | Yei, Kajo keji, Morobo, Lainya |
Wau | Wau | Bagari, Jur River |
Aweil | Aweil | Aweil South, Aweil Centre |
Lol | Raga | Aweil West, Aweil North, Raga |
Aweil East | Wanyjok | Aweil East |
Twic | Mayen Abun | Twic |
Gogrial | Kwajok | Gogrial East, Gogrial West |
Tonj | Tonj | Tonj North, Tonj East, Tonj South |
Eastern Lakes | Yirol | Yirol West, Yirol East, Awerial |
Western Lakes | Rumbek | Rumbek East, Rumbek North, Rumbek Centre, Wulu |
Gok | Cueibet | Cueibet |
Northern Liech | Bentiu | Rubkona, Guit, Koch, Mayem |
Southern Liech | Leer | Leer, Mayendit, Panyijar |
Ruweng | Panrieng | Panrieng, Abiemnon c |
Eastern Nile | Malakal | Malakal, Renk, Maban, Melut, Baliet, Akoka, Pigi, Kama |
Jonglei | Bor | Bor, Duk, Twic East |
Western Nile | Kodok | Panyikang, Kodok, Manyo |
Western Bieh | Ayod | Fangak, Ayod |
Eastern Bieh | Akobo | Akobo, Nyirol, Urol |
Latjoor | Nasir | Nasir, Ulang, Maiwut, Longuchuk |
Borna | Pibor | Pibor, Pchalla |
Nuwe deelstate en gebiede sedert 2020
[wysig | wysig bron]Sedert die ondertekening van 'n vredesooreenkoms op 22 Februarie 2020 word Suid-Soedan in tien deelstate en gebiede onderverdeel.[27]
Vlag | Deelstaat | Hoofstad | Bevolking (2010)[28] |
Oppervlakte (km²)[28] |
Digtheid (/km²) |
Streek |
---|---|---|---|---|---|---|
Noord-Bahr el Ghazal | Aweil | 820 834 | 30 543,30 | 26,87 | Bahr el Ghazal | |
Wes-Bahr el Ghazal | Wau | 358 692 | 91 075,95 | 3,94 | Bahr el Ghazal | |
Lakes | Rumbek | 782 504 | 43 595,08 | 17,95 | Bahr el Ghazal | |
Warrap | Kuajok | 1 044 217 | 45 567,24 | 22,92 | Bahr el Ghazal | |
Wes-Equatoria | Yambio | 658 863 | 79 342,66 | 8,30 | Equatoria | |
Sentraal-Equatoria | Juba | 1 193 130 | 43 033,00 | 27,73 | Equatoria | |
Oos-Equatoria | Torit | 962 719 | 73 472,01 | 13,10 | Equatoria | |
Jonglei | Bor | 1 228 824 | 80 926,00 | n.v.t. | Greater Upper Nile | |
Unity | Bentiu | 399 105 | n.v.t. | n.v.t. | Greater Upper Nile | |
Upper Nile | Malakal | 1 013 629 | 77 283,42 | 13,12 | Greater Upper Nile | |
Abyei Area | Abyei | 124 390 | 10 546,00 | n.v.t. | Bahr el Ghazal | |
Pibor Area | Pibor | 214 676 | 41 962,00 | n.v.t. | Greater Upper Nile | |
Ruweng Area | Pariang | 246 360 | n.v.t. | n.v.t. | Greater Upper Nile |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "The Transitional Constitution of the Republic of South Sudan, 2011". Government of South Sudan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2012. Besoek op 12 Julie 2011. Part One, 6(2).
- ↑ (en) "At a Glance". Official portal. Regering van Suid-Soedan. 12 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2014. Besoek op 7 Augustus 2014.
- ↑ 3,0 3,1 (en) "Tanzania: Dar Agrees to Send Kiswahili Teachers to Juba". All Africa. 5 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ 4,0 4,1 (en) "S. Sudan to adopt Swahili as official language, seeks Tanzania's help". Africa News. 6 Julie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "S. Sudanese government agrees to federal system with rebels – Sudan Tribune: Plural news and views on Sudan". Sudan Tribune. Addis Abeba. 27 September 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "Discontent over Sudan census". News24.com. AFP. 21 Mei 2009. Besoek op 7 Augustus 2014.[dooie skakel]
- ↑ 8,0 8,1 8,2 8,3 (en) "South Sudan". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "2019 Human Development Index Ranking". United Nations Development Programme. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "Gini Index". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) ".ss Domain Delegation Data". Internet Assigned Numbers Authority. ICANN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) International Telecommunication Union (14 Julie 2011). "New country, new number: Country code 211 officially assigned to South Sudan". Persberig. http://www.itu.int/net/pressoffice/press_releases/2011/25.aspx#.X5ryZeLPyUl. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (de) "Von Anfang an gescheitert". Neue Zürcher Zeitung. 8 Julie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "South Sudan relocates its capital from Juba to Ramciel". Sudan Tribune. 3 September 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) T.S. McCarthy, 1993. The great inland deltas of Africa, Journal of African Earth Sciences, vol. 17, nr. 3, bl. 275–291
- ↑ (en) "South Sudan gets new government". BBC. 23 Oktober 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "Sudan's Referendum Commission says southern Sudan referendum on Jan. 9". People's Daily Online. 21 Oktober 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "Southern Sudan referendum: 'Massive vote to split'". BBC. 21 Januarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "South Sudan becomes an independent nation". BBC. 9 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "UN welcomes South Sudan as 193rd Member State". Verenigde Nasies. 14 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "Member States". Afrika-unie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 11 Augustus 2019.
- ↑ (en) "Khartoum supports South Sudan demand to join Arab League". Sudan Tribune. 22 Julie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "South Sudan wants to join Commonwealth". Al Jazeera. 29 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "South Sudan". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "The Transitional Constitution of the Republic of South Sudan, 2011" (PDF). Sudan Tribune. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "The Pew Forum – Religious Composition by Country" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2018. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "South Sudan Kiir agrees to re-establish the 10 states – Sudan Tribune: Plural news and views on Sudan". www.sudantribune.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ 28,0 28,1 (en) "Statistical Yearbook for Southern Sudan 2010" (PDF). Southern Sudan Centre for Census, Statistics and Evaluation. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 18 Oktober 2012. Besoek op 1 Junie 2012.
Bronne
[wysig | wysig bron]- (en) Biel, Melha Rout (2007). South Sudan after the Comprehensive Peace Agreement. Jena: Netzbandt Verlag. ISBN 978-3-937884-01-1.
- (en) Tvedt, Terje (2004). South Sudan. An Annotated Bibliography. (2 vols) (2nd uitg.). London/New York: IB Tauris. ISBN 1-86064-987-4.
- (en) "South Sudan". Encyclopædia Britannica. Besoek op 29 Oktober 2020.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Suid-Soedan. |
- (en) Toerisme-inligting oor Suid-Soedan op Wikivoyage
- (en) Suid-Soedanese regering
- (en) Regering van Suid-Soedan – Missie van die VN en die VSA
- (en) Regering van Suid-Soedan – Missie van die VK Geargiveer 2 Februarie 2011 op Wayback Machine
- (en) Amptelike webwerf van die Soedannese Volksbevrydingsbeweging