Stade Félix-Bollaert
Stade Félix-Bollaert | ||
Ligging | Lens, Frankryk | |
---|---|---|
Koördinate | 50°25′58″N 2°48′54″O / 50.43278°N 2.81500°O | |
Eienaar | Stad Lens | |
Kapasiteit | 38 223 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1932 | |
Geopen | 18 Junie 1933 | |
Renovasie | 1954, 1976, 1977, 1983, 1995–1997, 2014–2015 | |
Huurders | ||
RC Lens |
Die Stade Félix-Bollaert is 'n stadion in Lens, Frankryk, wat in 1932 gebou is. Dit is die tuisveld van die sokkerspan RC Lens. Die stadion se kapasiteit is 38 223 (meer as Lens se huidige bevolking van ongeveer 37 000). Die naam van die stadion is afkomstig van die direkteur van 'n plaaslike mynmaatskappy wat kort voor die inhuldiging van die stadion oorlede is. Die stadion is vir sommige van die wedstryde van die Europese Sokkerkampioenskap 1984, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, Rugbywêreldbeker 1999, Rugbywêreldbeker 2007 en Europese Sokkerkampioenskap 2016 gebruik.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die stadion is gebruik vir die volgende groot internasionale toernooie:
- Europese Sokkerkampioenskap 1984
- FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
- Rugbywêreldbeker 1999
- Rugbywêreldbeker 2007
- Europese Sokkerkampioenskap 2016
Argitektuur
[wysig | wysig bron]Bollaert is volgens die Engelse styl gebou met vier aparte pawiljoene wat onderskeidelik toegewy is aan:
- Henri Trannin: boorling van Bully-les-Mines, doelwagter by die klub vir 18 jaar, sportdirekteur van Lens van 1952 tot 1956 wat in Julie 1974 oorlede is; dit is op 4 Desember 1976 aan hom opgedra
- Tony Marek, oudspeler en afrigter, internasionale speler in die 1950's
- Élie Delacourt, voormalige ondersteunersgreop president;
- Max Lepagnot, oudpresident van die distrik Artois.
Al die plekke in die stadion is sitplekke, meeste ondersteuners in die Marek-pawiljoen staan egter eerder aangesien dit as die "kop" beskou word. Dit is algemene gebruik in stadions waar die "geharde" ondersteuners agter die doelhokke sit.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Europese Sokkerkampioenskap 1984
[wysig | wysig bron]- Hoofartikel: Europese Sokkerkampioenskap 1984.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
13 Junie 1984 | 20:30 | België | 2–0 | Joego-Slawië | Groep A | 41 774 |
17 Junie 1984 | 17:15 | Wes-Duitsland | 2–1 | Roemenië | Groep B | 31 787 |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
[wysig | wysig bron]- Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
12 Junie 1998 | 17:30 | Saoedi-Arabië | 0–1 | Denemarke | Groep C | 38 100 |
14 Junie 1998 | 21:00 | Jamaika | 1–3 | Kroasië | Groep H | 38 100 |
21 Junie 1998 | 14:30 | Duitsland | 2–2 | Joego-Slawië | Groep F | 38 100 |
24 Junie 1998 | 21:00 | Spanje | 6–1 | Bulgarye | Groep D | 38 100 |
26 Junie 1998 | 21:00 | Colombia | 0–2 | Engeland | Groep G | 38 100 |
28 Junie 1998 | 16:30 | Frankryk | 1–0 (e.t.) | Paraguay | Agtste eindrondte | 31 800 |
Rugbywêreldbeker 1999
[wysig | wysig bron]- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 1999.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
20 Oktober 1999 | 20:30 | Argentinië | 28–24 | Ierland | Uitspeelronde | 22 000 |
Rugbywêreldbeker 2007
[wysig | wysig bron]- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2007.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
8 September 2007 | 18:00 | Engeland | 28–10 | Verenigde State | Groep A | 36 755 |
22 September 2007 | 14:00 | Suid-Afrika | 30–25 | Tonga | Groep A | 40 069 |
26 September 2007 | 18:00 | Georgië | 30–0 | Namibië | Groep D | 32 549 |
Europese Sokkerkampioenskap 2016
[wysig | wysig bron]- Hoofartikel: Europese Sokkerkampioenskap 2016.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
11 Junie 2016 | 15:00 | Albanië | 0–1 | Switserland | Groep A | 33 805 |
16 Junie 2016 | 15:00 | Engeland | 2–1 | Wallis | Groep B | 34 033 |
21 Junie 2016 | 21:00 | Tsjeggië | 0–2 | Turkye | Groep D | 32 836 |
25 Junie 2016 | 21:00 | Kroasië | 0–1 (e.t.) | Portugal | Agtste eindrondte | 33 523 |
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Stade Félix-Bollaert.
- Stade Félix-Bollaert on www.sitercl.com