Sjeik
Voorkoms
Sjeik — ook Sjeg, Sheik, Shaikh of Shekh — is 'n Arabiese eretitel. Dit beteken "ouderling" of "leier/goewerneur". Dit kan ook na Islamitiese skoliere verwys. Sjeika is die vroulike vorm, maar die gebruik daarvan is ongewoon in die Arabiese wêreld. 'n Wyse Sjeikh word 'n ḥakīm genoem en hulle word as gesagsfigure in die Arabiese gemeenskap beskou.
Dis ook moontlik dat die woord na 'n man ouer as veertig[1] of vyftig[2] jaar verwys.
Gebruik as 'n van
[wysig | wysig bron]In Bangladesh, Indië en Pakistan is "Sheikh" 'n algemene familienaam vir Moslems. Dit beteken dat hulle dalk van Arabiese afkoms is.