Selkirk-rex
Selkirk-rex | ||||
Land | VSA | |||
Ontstaan | Mutasie/kruisras | |||
Soort lyf | Stewig | |||
Pels | Kort/lank | |||
Patroon | Alle | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Die Selkirk-rex is ’n katras met dieselfde krulhaarpels as ander rex-katte. Anders as die Devon- en Corniese rex het die kat al die hare van ander katrasse en is die pels van normale lengte.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Selkirk-rex het in 1987 in die Amerikaanse staat Montana ontstaan. Die enigste ongewone kat in ’n werpsel het eindelik by die teler van Persiese katte, Jeri Newman, beland en sy het met ’n swart Persiese mannetjie gepaar. Drie van haar katjies was rex-katte en die ander drie het reguit hare gehad. Verskeie ander rasse is gebruik om die Selkirk-rex te ontwikkel, soos Persiese katte, Himalajakatte en Amerikaanse, eksotiese en Britse korthaarkatte. Anders as ander rex-katte, is die Selkirk-rex nie minder allergenies vir mense nie.
Die ras is in 1992 deur The International Cat Association (TICA) aanvaar, en in Amerika in 1998 deur die American Cat Fanciers Association (ACFA) en in 2000 deur die Cat Fanciers' Association (CFA).
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Katte met twee lengtes hare is ontwikkel: lank en kort (medium). Dit is ’n stewig geboude kat soos ’n Britse korthaarkat. Die pels is sag en lyk wollerig. Die kop is rond en die oë groot en rond. Alle kleure word aanvaar, ook sepia, mink, lila, gerook en met kleurpunte.
Die geaardheid weerspieël dié van die katte waaruit die ras ontstaan het. Dit het die rustigheid van Britse korthaarkatte, die troetelbare eienskappe van die Persiese kat en is spelerig soos ’n eksotiese korthaarkat. Hulle is geduldig, liefdevol en verdraagsaam.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Suider-Afrikaanse standaarde Geargiveer 7 Mei 2013 op Wayback Machine
- Rex-katklub (Brittanje)
- ACFA-teelprofiel
- CFA-teelprofiel Geargiveer 14 Desember 2010 op Wayback Machine
- TICA-standaarde Geargiveer 7 Augustus 2016 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Selkirk-rex.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia