Gaan na inhoud

Onegameer

Koördinate: 61°40′N 35°29′O / 61.667°N 35.483°O / 61.667; 35.483
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Onegameer

Nasa-Satellietbeeld van die Onegameer

Kaart van die Onegameer
Koördinate:61°40′N 35°29′O / 61.667°N 35.483°O / 61.667; 35.483
Ligging:Noordwes-Rusland (Republiek van Karelië, Leningrad-oblast, Wologda-oblast)
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:9 700 km² (3 700 myl²)
Gemiddelde diepte:30 m (98 vt)
Maksimum diepte:127 m (417 vt)
Volume:285 km³ (68 myl³)
Lengte:245 km (152 myl)
Breedte:91,6 km (56,9 myl)
Opvangsgebied:62 800 km² (24 346 myl²)
Invloei:58 riviere (Sjoeja, Soena, Wodla, Wytegra, Andoma)
Uitvloei:Swirrivier
Eiland/e:1 369 (Kizji)
Nedersettings:Kondopoga, Medwezhyegorsk, Petrozawodsk, Pindoesji, Powenets

Die Onegameer (Russies: Оне́жское о́зеро, Onezhskoe ozero, [ɐˈnʲɛʂskəɪ ˈozʲɪrə]; Fins: Ääninen of Äänisjärvi; Karelies: Oniegu of Oniegu-järve; Wepsies: Änine of Änižjärv) is die tweede grootste meer in Europa ná die Ladogameer met 'n oppervlakte van 9 700 km² en is in Noordwes-Rusland naby Petrozawodsk geleë. Dit word deur die Swirrivier met die naburige Ladogameer verbind, wat weereens deur die Newarivier met die Oossee verbind word. Deur die Witsee-Oossee-kanaal word hierdie waterweg met die Witsee in die noorde verbind. Die Wolga verbind die Onegameer oor 'n kanaal met die Kaspiese See en deur die Wolga-Don-kanaal is ook die Swartsee en die Middellandse See toeganklik. Daarbenewens word die Onegameer via die Ladogameer deur die Wuoksirivier met die Saimaameer in Finland verbind.

Petrozawodsk se oewer aan die Onegameer

Belangrike stede rondom die Onegameer sluit in Kondopoga, Medwezhyegorsk, Petrozawodsk, Pindoesji en Powenets. In die meer is 1 369 eilande geleë, waarvan Kizji die bekendste is. Dié eiland se houtkerke, -kapelle en -huise is in 1990 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. In 2021 is rotstekeninge rondom die Onegameer en die Witsee as Unesco-wêrelderfenisgebiede gelys.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Petroglyphs of Lake Onega and the White Sea". Unesco. Besoek op 29 Julie 2021.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]