Gaan na inhoud

Olimpiese Somerspele 1956

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die XVIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1956

Gehou in Melbourne, Australië
Deelnemende lande 72 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 3 155 (2 791 mans, 364 vroue)[1]
Items 151 in 17 sporte[2]
Openingseremonie 22 November 1956
Sluitingseremonie 8 Desember 1956
Amptelik geopen deur Prins Philip[3]
Atlete-eed John Landy (atletiek)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Ron Clarke (atletiek)
Vorige Spele 1952: Helsinki (Finland)
Volgende Spele 1960: Rome (Italië)

Die Olimpiese Somerspele 1956 (Engels: 1956 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XVIde Olimpiade, is tussen 22 November en 8 Desember 1956 in Melbourne, Australië, aangebied. Melbourne is verkies bo Buenos Aires, Meksikostad en ses Amerikaanse stede op 28 April 1949 op die 43ste IOK-kongres. Vanweë die Australiese kwarantynreëls kon die ruitersport-wedstryde nie daar plaasvind nie. Hierdie is daarom in Stockholm, Swede, gehou. Daarmee is dit die eerste en tot dusver enigste Spele waarby wedstryde in verskillende lande plaasgevind het. Dit is die eerste Olimpiese Somerspele wat in die Suidelike Halfrond, Oseanië asook buite Europa en Noord-Amerika gehou is. Daarbenewens is Melbourne die mees suidelike stad waar Olimpiese Spele gehou is. Die Olimpiese Winterspele 1956 is in Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied.

Die Olimpiese Somerspele 1956 is deur ag lande geboikot. Egipte, Irak en Libanon het hierdie spele weens die Suezkrisis geboikot, as gevolg van die inval van Israel, Frankryk en die Verenigde Koninkryk in Egipte, nadat dié land die Suezkanaal genasionaliseer het. Terselfdertyd het die Sowjetunie die Hongaarse Rewolusie onderdruk en die Sowjetunie se deelname het tot die boikot deur Nederland, Kambodja, Spanje en Switserland gelei. Die Volksrepubliek China het net twee weke voor die spele se begin hul boikot aangekondig weens die toelating van die Republiek China op Taiwan.[4]

Toewysing

[wysig | wysig bron]
Wilfrid Kent Hughes, president van die Australiese reëlingskomitee
Fakkel van die Olimpiese Somerspele 1956 in Melbourne

Melbourne is op 28 April 1949 in Rome deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1956. Ander kandidate was: Buenos Aires, Los Angeles, Detroit, Meksikostad, Chicago, Minneapolis, Philadelphia, San Francisco en Montreal.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1956[5]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 4
Melbourne Vlag van Australië Australië 14 18 19 21
Buenos Aires Vlag van Argentinië Argentinië 9 12 13 20
Los Angeles Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 5 4 5
Detroit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 2 4 4
Meksikostad Vlag van Meksiko Meksiko 9 3
Chicago Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 1
Minneapolis Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 1
Philadelphia Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 1
San Francisco Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 0
Montreal Vlag van Kanada Kanada 0

Sporte

[wysig | wysig bron]

17 Olimpiese sportsoorte in 151 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 153 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Stadions

[wysig | wysig bron]

24 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1956 gebruik:

Melbourne

[wysig | wysig bron]
Melbourne-krieketveld, Olimpiese Stadion vir die Olimpiese Somerspele van 1956, in 2010
By die Royal Exhibition Building in Melbourne is die Basketbal-eindstryd, skermsport van die Moderne vyfkamp, gewigoptel en stoeiwedstryde beslis
Stadion Sporte Kapasiteit
Broadmeadows Fietsry (pad) Nie gelys nie
Wendoureemeer, Ballarat Kanovaart, Roei 14 300
Hokkieveld Veldhokkie 21 048
Melbourne-krieketveld Atletiek, Veldhokkie (eindstryd), Sokker (eindstryd) 104 000
Oaklands Jagklub Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) 25 700
Olimpiese Parkstadion Sokker 40 000
Port Phillip Seilvaart Nie gelys nie
Koninklike Australiese Lugmag, Laverton Lugmagbasis Skyfskiet (haelgeweer) Nie gelys nie
Royal Exhibition Building Basketbal (eindstryd), Moderne vyfkamp (skermsport), Gewigoptel, Stoei 3 500
St Kilda Stadsaal Skermsport Nie gelys nie
Swem/Sierduikstadion Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo 6 000
Velodrome Fietsry (baan) 7 900
Wes-Melbourne-stadion Basketbal, Boks, Gimnastiek 7 000
Williamstown Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet (pistool, geweer) Nie gelys nie

Stockholm

[wysig | wysig bron]
Stadion Sporte Kapasiteit
Lill-Jansskogen Ruitersport (driegangkampioenskap) Nie gelys nie
Olimpiese Stadion Stockholm Ruitersport (dressuur, driegangkampioenskap, spring) 21 000
Ulriksdal Ruitersport (driegangkampioenskap) Nie gelys nie

Deelnemende nasies

[wysig | wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Vyf lande het aan die ruitersport-wedstryde in Stockholm deelgeneem, maar nie aan die Olimpiese Somerspele in Melbourne nie:

Suid-Afrikaanse deelname

[wysig | wysig bron]

Daniel Wepener Bekker (swaargewig) en Henry Loubscher (ligweltergewig) wen bronsmedaljes.

Fietsry

[wysig | wysig bron]

Alfred Swift wen brons in die 1 km tydtoets op die baan.

Die Suid-Afrikaanse vrouespan wen die bronsmedalje in die 4x100 m vryslag aflos.

Getal medaljes

[wysig | wysig bron]
Kaart van deelnemende nasies in 1956:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Melbourne

   Neem slegs aan die ruitersport-wedstryde in Stockholm deel

     Ruitersport-wedstryde in Stockholm
Kaart van die Olimpiese boikot van 1956

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie (URS) 272 37 29 32 98
2 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA) 297 32 25 17 74
3 Vlag van Australië Australië (AUS) 294 13 8 14 35
4 Vlag van Hongarye Hongarye (HUN) 108 9 10 7 26
5 Vlag van Italië Italië (ITA) 129 8 8 9 25
6 Vlag van Swede Swede (SWE) 88 8 5 6 19
7 Vlag van Duitsland Duitsland (GER) 158 6 13 7 26
8 Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR) 189 6 7 11 24
9 Vlag van Roemenië Roemenië (ROU) 44 5 3 5 13
10 Vlag van Japan Japan (JPN) 110 4 10 5 19
33 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA) 50 0 0 4 4

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 4 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
  4. (en) "Melbourne 1956 Olympic Games". Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 4 Maart 2018.
  5. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 4 Maart 2018.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1998). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00740-7.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030  • 2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.