Olimpiese Somerspele 1948
Spele van die XIVe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1948 (Engels: 1948 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XIVde Olimpiade, is tussen 29 Julie en 14 Augustus 1948 in Londen, Verenigde Koninkryk, aangebied. Londen is bo Baltimore, Lausanne, Los Angeles, Minneapolis en Philadelphia gekies.[4] Na 'n onderbreking van 12 jaar deur die Tweede Wêreldoorlog was dit die eerste Spele sedert die Somerspele van 1936 in Berlyn asook die tweede Olimpiade na die Olimpiese Somerspele 1908 wat in die Britse hoofstad gehou is. Die Olimpiese Winterspele 1948 is in St. Moritz, Switserland, aangebied.
Die Somerspele was baie eenvoudig en het later as die Austerity Games bekend gestaan vanweë die ekonomiese klimaat waarin die na-oorlogse Verenigde Koninkryk hom bevind het. Weens die Britse regering se strenge besparingsbeleid is geen nuwe fasiliteite vir die Spele beplan en opgerig nie en atlete in bestaande behuising gehuisves. Die Olimpiese dorp in Uxbridge het uit kasernes bestaan, die vervoer was ontoereikend en voedsel soos vleis, botter, melk en brood was steeds gerantsoeneer.
Daar is ook op die infrastruktuur bespaar en geen nuwe sportplekke is vir die Spele opgerig nie. Die Wembley-stadion, wat eintlik 'n sokkerstadion is, het vir die geleentheid 'n atletiekbaan bygekry. Die nabygeleë Empire Pool is vir beide die saalsporte sowel as die swemkompetisies gebruik. Die fietsry het by die opgeknapte Herne Hill plaasgevind en daar is op die Teemsrivier geroei.
'n Rekordgetal van 59 nasies het aan die Spele deelgeneem en is deur altesaam 4 104 atlete in 17 sportdissiplines verteenwoordig, van wie 3 714 manlik en 390 vroulik was. Weens hul dade tydens die Tweede Wêreldoorlog is Duitsland en Japan deelname aan die Spele geweier. Die Sowjetunie is uitgenodig maar het verkies om geen atlete na Londen te stuur nie.[5]
Sporte
[wysig | wysig bron]17 Olimpiese sportsoorte in 136 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 138 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
- Atletiek (33)
- Basketbal (1)
- Boks (8)
- Fietsry
- Baan (4)
- Pad (2)
- Gewigoptel (6)
- Gimnastiek (9)
- Kanovaart (9)
- Moderne vyfkamp (1)
- Roei (7)
- Ruitersport
- Dressuur (2)
- Driefasekompetisie (2)
- Spring (2)
- Seilvaart (5)
- Skermsport (7)
- Skyfskiet (4)
- Sokker (1)
- Stoei
- Grieks-Romeins (8)
- Vrystyl (8)
- Veldhokkie (1)
- Watersport
- Lacrosse en Sweedse gimnastiek is as demonstrasiesporte aangebied.
Stadions
[wysig | wysig bron]Sportplekke wat tydens die Olimpiese Somerspele 1948 gebruik is:
Binne Londen
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Arsenal-stadion | Sokker | 73 000 |
Champion Hill | Sokker | 3 000 |
Craven Cottage | Sokker | 25 700 |
Empire Pool | Boks, Sierduik, Swem, Waterpolo | 12 500 |
Empire-stadion | Atletiek, Ruitersport (spanspring), Veldhokkie (medaljewedstryde), Sokker (medaljewedstryde) | 82 000 |
Empress Hall, Earl's Court | Boks, Gimnastiek, Gewigoptel, Stoei | 19 000 |
Finchley Lido | Waterpolo | Nie gelys nie |
Green Pond Road-stadion | Sokker | 21 708 |
Griffin Park | Sokker | 12 763 |
Guinness Sports Club | Veldhokkie | Nie gelys nie |
Harringay Arena | Basketbal, Stoei | Nie gelys nie |
Herne Hill Velodrome | Fietsry (baan) | Nie gelys nie |
Lynn Road | Sokker | 3 500 |
Lyons' Sports Club | Veldhokkie | Nie gelys nie |
Polytechnic Sports Ground | Veldhokkie | Nie gelys nie |
Royal Military Academy | Moderne vyfkamp (hardloop) | Nie gelys nie |
Selhurst Park | Sokker | 26 309 |
Wembley Palace of Engineering | Skermsport | Nie gelys nie |
White Hart Lane | Sokker | 36 310 |
Buite Londen
[wysig | wysig bron]Stadion | Ligging | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|---|
Aldershot Command Central Sports Ground | Hampshire | Ruitersport (dressuur, driegangkampioenskap, individuele spring), Moderne vyfkamp (perdry, skermsport, swem) | Nie gelys nie |
Bisley National Rifle Association Ranges | Bisley, Surrey | Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet | Nie gelys nie |
Fratton Park | Portsmouth | Sokker | Nie gelys nie |
Goldstone Ground | Brighton | Sokker | Nie gelys nie |
Henley Royal Regatta | Henley-on-Thames | Kanovaart, Roei | Nie gelys nie |
Torbay | Devon | Seilvaart | Nie gelys nie |
Tweseldown Racecourse | Fleet, Hampshire | Ruitersport (driegangkampioenskap) | Nie gelys nie |
Windsor Great Park | Windsor, Berkshire | Fietsry (pad) | Nie gelys nie |
Deelnemende nasies
[wysig | wysig bron]Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Afghanistan (25)
- Argentinië (199)
- Australië (75)
- België (152)
- Bermuda (12)
- Brasilië (70)
- Brits-Guyana (4)
- Chili (54)
- Colombia (6)
- Denemarke (162)
- Egipte (85)
- Filippyne (26)
- Finland (129)
- Frankryk (316)
- Griekeland (61)
- Hongarye (129)
- Ierland (73)
- Indië (79)
- Irak (11)
- Iran (36)
- Italië (213)
- Jamaika (13)
- Joego-Slawië (90)
- Kanada (118)
- Kuba (53)
- Libanon (8)
- Liechtenstein (2)
- Luxemburg (45)
- Malta (1)
- Meksiko (88)
- Mianmar (4)
- Monaco (4)
- Nederland (149)
- Nieu-Seeland (7)
- Noorweë (81)
- Oostenryk (144)
- Pakistan (35)
- Panama (1)
- Peru (41)
- Pole (37)
- Portugal (48)
- Puerto Rico (9)
- Republiek van China (31)
- Singapoer (1)
- Sirië (1)
- Spanje (65)
- Sri Lanka (7)
- Suid-Afrika (35)
- Suid-Korea (46)
- Swede (181)
- Switserland (181)
- Trinidad en Tobago (5)
- Tsjeggo-Slowakye (87)
- Turkye (58)
- Uruguay (61)
- Venezuela (1)
- Verenigde Koninkryk (398)
- Verenigde State (300)
- Ysland (20)
Suid-Afrikaanse deelname
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.
Gerald Dreyer (liggewig) en George Hunter (ligswaargewig) wen goud, Dennis Shepherd (veergewig) silwer en John Arthur die bronsmedalje in boks.
Getal medaljes
[wysig | wysig bron]Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 300 | 38 | 27 | 19 | 84 |
2 | Swede (SWE) | 181 | 16 | 11 | 17 | 44 |
3 | Frankryk (FRA) | 316 | 10 | 6 | 13 | 29 |
4 | Hongarye (HUN) | 129 | 10 | 5 | 12 | 27 |
5 | Italië (ITA) | 213 | 8 | 11 | 8 | 27 |
6 | Finland (FIN) | 129 | 8 | 7 | 5 | 20 |
7 | Turkye (TUR) | 58 | 6 | 4 | 2 | 12 |
8 | Tsjeggo-Slowakye (TCH) | 87 | 6 | 2 | 3 | 11 |
9 | Switserland (SUI) | 181 | 5 | 10 | 5 | 20 |
10 | Denemarke (DEN) | 162 | 5 | 7 | 8 | 20 |
12 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 398 | 3 | 14 | 6 | 23 |
18 | Suid-Afrika (RSA) | 35 | 2 | 1 | 1 | 4 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Olimpiese Somerspele 1908 in Londen
- Olimpiese Somerspele 1944 in Londen beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak
- Olimpiese Somerspele 2012 in Londen
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
- ↑ "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 4 Maart 2018.
- ↑ "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
- ↑ "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
- ↑ "'A very British Olympics'" (in Engels). BBC Sport. 18 Oktober 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
- (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
- (de) Volker Kluge (1998). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00740-7.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 1948. |
- (en) London 1948 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1948
- (en) Olympics 1948 to 1960
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |