Gaan na inhoud

Okkultisme

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Okkultisme ondersoek die verborge, geheimsinnige en bonatuurlike aspekte van die lewe. Okkultiste is oortuig daarvan dat 'n mens toegang het tot dieper kennis en insig as wat bereik kan word deur 'n gewone lewenservaring van die normale vyf sintuie. Okkultisme eksperimenteer met verskeie tegnieke om die bewussynsvlak van mense te verskuif sodat hierdie geheimsinnige aspekte as 'n realiteit ervaar kan word. Aanhangers beweer dat dit moontlik is om toegang te verkry tot magte wat nog nie deur die natuurwetenskappe verklaar is nie. Die drie primêre benaderings om tot geheime magte in die okkulte sfeer toegang te kry, is: waarsêery, towerkrag en spiritisme.

Hierdie sogenaamde insigte word mondelings of deur middel van simboliek oorgedra van een generasie na 'n volgende. Die insigte word gewoonlik oor 'n periode stelselmatig aan 'n leerling oorgedra. Baie okkulte leerstellings het meer bekend geword tydens 'n oplewing in die sewentigerjare van die 20ste eeu. Die meeste okkulte insigte kan nie verkry word deur bloot meer daaroor na te lees nie. Die okkulte beginsel is dat die meeste van die insigte slegs verkry kan word in die ervaringsdimensie deur sekere oefeninge, gewoontes of handelinge.

In die verlede is baie mense al uitgebuit deur okkulte bewegings wat later as vals beskou is. Okkultisme beslaan 'n wye verskeidenheid van weë en daar is geen waarborg dat indien 'n bepaalde pad geloop word, die student by die beloofde eindbestemming gaan arriveer nie.

Sleutelfigure

[wysig | wysig bron]