Gaan na inhoud

OESO

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hoofkantoor van die OESO in die Château de la Muette in Parys
Kenteken van die OESO
Die lidlande van die OESO:

   20 Stigterslande

   18 Toetredinglande

Status van lidmaatskap in die OESO:

   Lidlande

   Kandidaatlande

   Moontlike kandidaatlande

   OESO-lidlande

   Onderhandelings oor toetreding begin of beloof

   Belangstelling in toetreding uitgedruk

Lidlande van die OESO[1]

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO; Engels: Organisation for Economic Co-operation and Development, OECD; Frans: L'Organisation de coopération et de développement économiques, OCDE) is 'n internasionale organisasie van ontwikkelde lande wat 'n demokratiese regeringstelsel en 'n markekonomie in gemeen het.

Die OESO is die opvolger van die Organisasie vir Europese Ekonomiese Samewerking (OEES) wat van 1948 tot 1960 bestaan en wat 'n belangrike rol gespeel het in die uitvoer van die Marshall-plan en by die politieke stabilisering van Wes-Europa. Die OESO is gestig met die Paryse ooreenkoms van 14 Desember 1960, wat op 30 September 1961 in werking getree het.

Die OESO bestaan uit 38 lidlande, met Engels en Frans as sy voertale, en publiseer gereeld statistiese verslae oor diverse aanwysers soos die Bruto binnelandse produk, bevolking, inflasie ens. Die organisasie se hoofkantoor is in Château de la Muette in Parys, Frankryk. Die OESO het kantore in Berlyn, Meksikostad, Tokio en Washington, D.C.

Lidlande

[wysig | wysig bron]

Op 14 Desember 1960 teken 20 lande die OESO-verdrag. Daarna sluit 18 ander lande by die OESO aan. Die OESO bestaan vandag uit die vernaamste nywerheidslande van Europa (27), Noord-Amerika (4), Asië (4), Oseanië (2) en Suid-Amerika (2).[2]

Kandidaatlande

[wysig | wysig bron]

Kandidaatlande van die OESO was sedert 16 Mei 2007 Chili, Estland, Israel, Rusland en Slowenië; moontlike kandidaatlande en belangrike samewerkers sluit in Brasilië, Indië, Indonesië, Suid-Afrika en die Volksrepubliek China.[3] Op 7 Mei 2010 het Chili,[4] op 21 Julie 2010 Slowenië,[5] op 7 September 2010 Israel[6] en op 9 Desember 2010 Estland by die OESO aangesluit.[7]

In Mei 2013 is toetreding-onderhandelings met Colombia en Letland begin, onderhandelings met Costa Rica en Litaue is in 2015 begin.[8] Ander lande, wat belangstelling in 'n toetreding getoon het, is Argentinië, Brasilië, Bulgarye, Kroasië, Peru en Roemenië.[9] Op 1 Julie 2016 het Letland by die OESO aangesluit,[10] op 5 Julie 2018 Litaue,[11] op 28 April 2020 Colombia[12] en op 25 Mei 2021 Costa Rica.[13]

Ekonomiese idees

[wysig | wysig bron]
'n Advertensieplakkaat van 'n VSA-agentskap bevorder bewustheid van die Marshall-plan

Die OESO speel 'n belangrike rol in pogings tot multilaterale regulering van belegging. Van 1995 tot 1998 maak 'n onderhandelingsforum die skep van 'n multilaterale ooreenkoms oor belegging wat vandag die grondslag vir baie bilaterale ooreenkomste vorm, moontlik. Daar moet gelet word daarop dat die ooreenkoms vandag hoofsaaklik op bilaterale vlak bestaan wat die lande tussen mekaar gesluit het wanneer hulle die behoefte daarna voel (byvoorbeeld: die ooreenkoms tussen die Switserse Federale Raad en die regering van die Verenigde Arabiese Emirate handel oor wedersydse bevordering en beskerming van beleggings RS 0.975.232.5).

Die rigsnoer vir die behandeling van buitelandse belegging in 1992 uitgebrei binne die Internasionale Bank vir Heropbou en Ontwikkelings (IBHO) (Frans: Banque Internationale pour la Reconstruction et le Développement, BIRD) verteenwoordig 'n ander bron van inspirasie vir die opstel van ooreenkomste vir die beskerming van belegging.

Op die internasionale vlak is dit tot nou toe moeilik om konsensus te bereik. Die Verenigde Nasies (meer spesifiek Die Verenigde Nasies Kongress oor Handel en Ontwikkeling) kan intussen 'n rol speel, die lande wantrou die VN aangesien dit begaan is oor die internasionale ekonomiese regte van alle lande (wat alle lande, ryk of arm gelyk beskou).

Gedurende die konferensies van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) in Singapoer (2001) en Genève (2004) is daar nog geen ooreenkoms bereik nie, tog gaan die WHO voort met die reëling van vraagstukke op die gebied van handel, dienste en intellektuele eiendom. Dit hou hom egter nie besig met die beskerming en ontwikkeling van internasionale beleggings nie. Daar bestaan verwagtings dat die organisasie hierdie probleme in die nabye toekoms sal aanpak en oplos.

Tans volg die leierskap van die organisasie 'n neoliberale beleid, wat 'n breuk maak met die Keynesiaanse beginsels en die vanuit sosialistiese leerstellings ontleende konsep van die welvaartstaat, wat in die sogenaamde "glorieryke drie dekades" tussen 1945 en 1975 algemeen aanvaar is. Dat die state hulleself teruggetrek het van hulle voormalige sosiale beleid, strek tot voordeel van groot nasionale en multinasionale ondernemings.

Sekretaris-generaals

[wysig | wysig bron]

Tussen 16 April 1948 en 30 September 1960 bestaan die Organisasie vir Europese Ekonomiese Samewerking.[14]

  • Mathias Cormann (Australië) Junie 2021 – hede
  • José Angel Gurria (Meksiko) Junie 2006 – Mei 2021
  • Donald J. Johnston (Kanada) Junie 1996 – Mei 2006
  • Jean-Claude Paye (Frankryk) Oktober 1984 – Mei 1996
  • Emile van Lennep (Nederland) Oktober 1969 – September 1984
  • Thorkil Kristensen (Denemarke) September 1960 – September 1969
  • René Sergent (Frankryk) April 1955 – September 1960
  • Robert Marjolin (Frankryk) April 1948 – April 1955

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]