Ngoako Ramatlhodi
Ngoako Ramatlhodi | |
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
| |
Ampstermyn 1 November 2010 – 2017 | |
President | Jacob Zuma |
---|---|
1ste Premier van Limpopo
| |
Ampstermyn 10 Mei 1994 – 22 April 2004 | |
Adjunkminister van Korrektiewe Dienste
| |
Ampstermyn 1 November 2010 – 25 Mei 2014 | |
President | Jacob Zuma |
Minister van Minerale hulpbronne
| |
Ampstermyn 25 Mei 2014 – 23 September 2015 | |
President | Jacob Zuma |
Minister van Staatsdiens en -administrasie
| |
Ampstermyn 23 September 2015 – 31 Maart 2017 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Susan Shabangu |
Opgevolg deur | Mosebenzi Zwane |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 21 Augustus 1955 Noord-Transvaal |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | African National Congress |
Ngoako Ramatlhodi (gebore 21 Augustus 1955) is 'n senior lid van die African National Congress. Hy was Suid-Afrika se Minister van Staatsdiens en Administrasie van 2015[1][2] tot Maart 2017. In die eerste Zuma-administrasie was hy 'n LP en 'n omstrede lid van die Regterlike Dienskommissie. Hy het in 2017 as LP bedank.[3]
Hy was tot 2015 Minister van Minerale Hulpbronne. Ramatlhodi het in 2017 beweer dat Ben Ngubane, die Eskom-voorsitter, en Brian Molefe, uitvoerende hoof, versoek het dat hy Glencor se mynlisensies beëindig in 'n oënskynlike slenter om die verkoop van sy Optimum-steenkoolmyn aan die Guptafamilie te vergemaklik.[4][5] Hy is in sy daaropvolgende ministerspos aangewys nadat hy glo nie daaraan gehoor gegee het nie.
Hy is in die kabinetskommeling van Maart 2017 afgedank, na bewering sonder dat redes verskaf is.[6] Sy pos is ingeneem deur 'n bekende Zuma-bondgenoot, die destydse Vrystaatse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, Mosebenzi Zwane. In dieselfde skommeling is Pravin Gordhan, minister van finansies, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, ook vervang.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Who's Who SA: Ngoako Ramatlhodi". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2017.
- ↑ "Biographical Notes: Minister Ngoako Ramatlhodi". Department of Mineral Resources. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2018. Besoek op 17 Julie 2022.
- ↑ "Former mining minister says Brian Molefe helped Guptas 'capture' Optimum coal mine". Mail & Guardian. 16 Mei 2017. Besoek op 24 Augustus 2017.
- ↑ "Former mining minister says Brian Molefe helped Guptas 'capture' Optimum coal mine". Mail & Guardian. 16 Mei 2017. Besoek op 24 Augustus 2017.
- ↑ "Brian Molefe helped the Guptas 'hijack a mine', says Ngoako Ramatlhodi". BusinessDay. 16 Mei 2017. Besoek op 26 Augustus 2017.
- ↑ Citizen reporter (31 Maart 2017). "I'm relieved to be out of Zuma's Cabinet, says Ngoako Ramatlhodi". The Citizen. Besoek op 24 Augustus 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Ngoako Ramatlhodi op People's Assembly.