Gaan na inhoud

Narendra Modi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Narendra Modi
નરેન્દ્ર દામોદરદાસ મોદી
Narendra Modi
Narendra Modi in 2022

14de Eerste Minister van Indië
Ampsbekleër
Termynaanvang
26 Mei 2014
President Pranab Mukherjee
Ram Nath Kovind
Voorafgegaan deur Manmohan Singh

14de Hoofminister van Gujarat
Ampstermyn
7 Oktober 2001 – 22 Mei 2014
Voorafgegaan deur Keshubhai Patel
Opgevolg deur Anandiben Patel

LP van Indië (Lok Sabha)
vir Varanasi
Ampsbekleër
Termynaanvang
16 Mei 2014
Voorafgegaan deur Murli Manohar Joshi

LP van Gujarat
vir Maninagar
Ampstermyn
1 Januarie 2002 – 16 Mei 2014
Voorafgegaan deur Kamlesh Patel
Opgevolg deur Suresh Patel

Persoonlike besonderhede
Gebore 17 September 1950 (1950-09-17) (74 jaar oud)
Vadnagar, Gujarat, Indië
Politieke party Bharatiya Janata Party
Eggenoot/-note Jashodaben Narendrabhai (1968–hede; losgemaak)
Alma mater Universiteit van Delhi
Gujarat Universiteit
Religie Hindoeïsme
Handtekening

Narendra Damodardas Modi (Gujarati: નરેન્દ્ર દામોદરદાસ મોદી, [ˈnəɾeːnd̪rə d̪aːmoːd̪əɾˈd̪aːs ˈmoːd̪iː], , gebore 17 September 1950) is die 14de en huidige eerste minister van Indië. Hy is die leier van die Bharatiya Janata Party.

Modi en Premier van Maleisië Mahathir Mohamad (31 Mei 2018)

Biografie

Hy is die derde in 'n gesin van vier kinders. Sy pa het aan die Ghanchi-kaste behoort. Gedurende sy kinder- en tienerjare het Modi hul pa se teestalletjie saam met sy broer bestuur.[1] As volwassene het hy aan die universiteite van Delhi en Gujarat gestudeer. Hy het 'n meestersgraad in politieke wetenskap verwerf. Hy het egter sy belangrikste opleiding ontvang in die geledere van die Rashtriya Swayamasevak Sangh (RSS, die Corps of National Volunteers), waarby hy as kind aangesluit het. Na sy studies het Modi sy politieke loopbaan in 1988 begin as sekretaris van die Gujarat-tak vir die Bharatiya Janata Party (BJP). In die middel van die 1990's het Modi nasionale sekretaris geword en in 1998 hoofsekretaris van die BJP.

Politieke loopbaan

Van 2001 tot 2014 het hy as die 14de hoofminister van die Indiese deelstaat Gujarat gedien. Modi is omstrede vir sy rol in die 2002 Gujarat-onluste, waarin 'n geskatte 1 000 Moslems in drie weke vermoor is. Modi word daarvan beskuldig dat hy niks gedoen het om die aggressie van die Hindoes teen die Moslems te verhinder nie.[2] Gujarat was 'n ekonomiese suksesverhaal tydens Modi se ampstermyn.

In die 2014-parlementêre verkiesing het Modi die BJP tot 'n skouspelagtige oorwinning gelei. Die BJP het 'n volstrekte meerderheid in die Lok Sabha met 282 setels verseker, die eerste keer sedert die 1984-verkiesing dat 'n party dit behaal het en die eerste keer dat 'n ander party as die Congress Party die grootste in die land is. Modi is op 26 Mei 2014 as premier van Indië ingesweer.

Op die inisiatief van Modi is die International Solar Alliance (ISA) in 2015 in Parys geloods deur Modi en die voormalige president van Frankryk François Hollande. Hierdie alliansie van meer as 120 tropiese lande wil ook die afhanklikheid van fossielbrandstowwe verminder deur die ontginning van sonenergie.

In die 2019 Indiese parlementêre verkiesing het Modi se party sy volstrekte meerderheid met 21 setels uitgebrei en weereens Indië se grootste geword. Op 30 Mei 2019 is Modi vir 'n tweede termyn as premier ingesweer.

Persoonlike lewe

Daar is lank gedink dat Modi ongetroud was. Dit was eers tydens die verkiesingsveldtog in 2014 dat dit aan die lig kom dat hy 45 jaar lank getroud was. Dit was 'n gereëlde huwelik. Kort ná die troue het Modi sy vrou verlaat, maar nooit van haar geskei nie.[3]

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels