Moord
Moord is 'n misdryf waar 'n persoon se lewe met opset (doelbewuste rade) geneem word. Die persoon wat die moord pleeg word die moordenaar genoem en die oorledene die vermoorde. As 'n persoon nie doelbewus doodgemaak word nie, staan dit eerder as manslag bekend.
Die straf vir 'n moordenaar is meestal lewenslange gevangenisstraf. In lande waar die doodstraf steeds gebruiklik is, kan die moordenaar tereggestel word.
Die eerste moord word in die Bybel in Genesis 4:8 beskryf waar Kain sy broer Abel doodslaan. In Eksodus 20:13 word die sesde gebod van die Tien Gebooie aangegee as: "Jy mag nie doodslaan nie."
Grade van moord
[wysig | wysig bron]Verskeie jurisdiksies onderskei tussen verskillende grade van moord. Die onderskeid bestaan byvoorbeeld in Kanadese en Amerikaanse reg tussen moord in die eerste graad en moord in die tweede graad. Moord in die tweede graad is gewoonlik gemeneregmoord, terwyl moord in die eerste graad verswarende omstandighede behels. Die verswarende faktore van moord in die eerste graad hang van jurisdiksie af en kan bedoeling, voorbedagting of besinning insluit. In sommige jurisdiksies word moord deur middel van verwurging, vergiftiging, of afwagting as moord in die eerste graad behandel.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikinews bevat nuus in verband met Moord. |
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Moord.