Gaan na inhoud

Messier 22

Koördinate: Sky map 18h 36m 24.21s, −23° 54′ 12.2″
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Messier 22
Die kern van Messier 22.
Die kern van Messier 22.
Soort Bolswerm
Sterrebeeld Boogskutter
Regte klimming 18h 36m 23,94s
Deklinasie -23º 54' 17,1"
Afstand 10 600 ligjare (3 000 parsek)
Skynbare magnitude 5,1 mag
Skynbare grootte (v) 32 boogminute
Radius 50 ± 5 ligjare
Ander name NGC 6656, GCl 99

Messier 22 of M22 (ook bekend as NGC 6656) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit was een van die eerste bolswerms wat ontdek is, in 1665 deur Abraham Ihle,[1] en Charles Messier het dit in 1764 in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Dit is een van die helderste bolvormige swerms in die hemelruim. Dit was ook een van die eerste sodanige swerms wat deeglik bestudeer is, eers deur Harlow Shapley in 1930. Hy het sowat 70 000 sterre ontdek en het gevind dit het ’n digte kern.[2] Daarna het Halton Arp en William G. Melbourne dit in 1959 bestudeer.[3]

M22 is een van die naaste bolvormige sterreswerms aan die Aarde – sowat 10 600 ligjare. Dit bevat 32 bekende veranderlike sterre. Ondanks sy relatiewe nabyheid word sy helderheid deur ruimtestof verdof en het hy ’n oënskynlike magnitude van net 5,5.

M22 is ongewoon danksy die feit dat dit net een van vier bolvormige sterreswerms is wat sover bekend ’n planetêre newel bevat[4] (die ander drie is M15, NGC 6441 en Palomar 6). Dié newel se sentrale ster is ’n blou ster. Die newel is bekend as GJJC1 en is na raming maar sowat 6 000 jaar oud.[1]

Twee swartkolke van tussen 10 en 20 sonmassas elk is in M22 ontdek.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Monaco, L.; Pancino, E.; Ferraro, F.R.; Bellazzini, M. (2004). "Wide-field photometry of the Galactic globular cluster M22". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 349 (4): 1278–1290. arXiv:astro-ph/0401392. Bibcode:2004MNRAS.349.1278M. doi:10.1111/j.1365-2966.2004.07599.x.
  2. Shapley, Harlow (1930). "The Mass-Spectrum Relation for Giant Stars in the Globular Cluster Messier 22". Harvard College Observatory Bulletin. 874: 4–9. Bibcode:1930BHarO.874....4S.
  3. Arp, H. C.; Melbourne, W. G. (1959). "Color-magnitude diagram for the globular cluster M22". Astronomical Journal. 64: 28. Bibcode:1959AJ.....64...28A. doi:10.1086/107848.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. Gillett, F.C.; Neugebauer, G.; Emerson, J.P.; Rice, W.L. (1986). "IRAS 18333-2357 – an unusual source in M22". Astrophysical Journal. 300: 722–728. Bibcode:1986ApJ...300..722G. doi:10.1086/163846.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  5. Gary, Stuart (4 Oktober 2012). "Astronomers discover twin black holes". ABC Science News. Australian Broadcasting Corporation. Besoek op 5 Oktober 2012.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]